Schools

Akademie Reformia vier Wêreldboekedag

Akademie Reformia se laerskoolleerders het die geleentheid gekry om met ‘n hoed wat hul gunsteling storie verteenwoordig, skool toe te kom.

POLOKWANE – In 2023 het die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) bevind dat meer as 78% van Suid-Afrikaanse leerders nie met begrip lees nie. In Limpopo styg die persentasie selfs tot 90%.

Lees is egter een van die belangrikste maniere om jou woordeskat uit te brei en jou taalvaardighede te verbeter.

Ouers kan kinders se liefde vir lees aanwakker deur nie net vir hulle boeke voor te lees nie, maar ook deur self boeke te lees.

Op 23 April het Akademie Reformia Wêreldboekedag op ‘n skeppende en leersame manier gevier.

Laerskoolleerders het die geleentheid gekry om met ‘n hoed wat hul gunsteling storie verteenwoordig, skool toe te kom.

Daarna het hulle die kleuters by Kleinbegin Kleuterskool vermaak deur hulle gunsteling stories voor te lees.

Die kleuters het behoorlik aan die lesers se lippe gehang en kon nie genoeg van die stories kry nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button