Schools

Osies wys talent in neon-skitteraand

By Oosskool kry leerders egter van vroeg af die geleentheid om hul talente te ontdek, ontwikkel en uitleef – of dit nou op die sportveld, in leierskap of op die verhoog is.

POLOKWANE – Sommige mense ontdek hul talente reeds op ‘n jong ouderdom, terwyl ander dit eers later in hul lewens raaksien.

By Oosskool kry leerders egter van vroeg af die geleentheid om hul talente te ontdek, ontwikkel en uitleef – of dit nou op die sportveld, in leierskap of op die verhoog is. Vir elke talent is daar ‘n plek.

Een van die hoogtepunte op die skool se kalender is beslis Osies Got Talent.

Dit is ‘n platform waar leerders se kreatiewe talente behoorlik tot hul reg kom.

Dans, drama, sang en musiek word met ywer geoefen, en ná ‘n reeks uitdunne, word die beste van die beste op ‘n spogverhoog vertoon.

Verlede Woensdagaand het sowat 35 talentvolle leerders hul beste voetjie voorgesit in ‘n vertoning wat die gehoor behoorlik vermaak het. Van ballet en akrobaat tot instrumentale items en samesang – daar was iets vir elke smaak in die saal waarin neon die kleur van die aand was.

Voornemende akteurs het hul slag gewys en die gehoor behoorlik laat lag, terwyl onderwysers ook hul kant gebring het met ‘n verrassende item van gesinchroniseerde swempassies.

Na deeglike oorweging deur die beoordelaarspaneel, bestaande uit Jason Stander, Nalize Bekker en Jordan Menzies, is die volgende wenners aangekondig:

• Sang: Lukas Jordaan.

• Dans: Abigail Phosoko.

• Instrumentaal: Lukas Jordaan.

• Onderwyser-item: Swem.

• Drama: Poenankie Plaas Restourant – met Esmé Venter, Kaylie Els en Janke Ferreira.

• Groepdans: Toy Story – met Jandré Burger, Zihan Wiggil en Phillip Kemp.

• Algehele wenners: Poenankie Plaas Restourant.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button