Schools

Gaste, Tommies besoek Oom Tom se graf

Tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se 75-jarige reünie het die leerlingraad en 'n paar uitgesoekte gaste Oom Tom se graf in die Polokwane Natuur Reservaat besoek.

POLOKWANE – Tydens Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se 75-jarige reünie het die leerlingraad en ‘n paar uitgesoekte gaste Oom Tom, soos hy liefdevol bekendstaan het, se graf in die Polokwane Natuur Reservaat besoek.

Die hoofleiers, Fortune Sehlabane en Annebelle Oldewage, saam met Vanessa Kachlhoffer, skoolhoof, Mateo en Tom Naudé en Francois Lottering, adjunkhoof.

Twee van die spesiale gaste was oom Tom se agterkleinseun (Tom Naudé) asook dié se seun (Mateo Naudé).

Tom het die geleentheid gehad om die skeepsklok wat deur sy grootoupa aan die skool geskenk is, te lui.

Spesiale gaste, Tom en Mateo Naudé saam met skoolhoof Vanessa Kachelhoffer en die leerlingraad. Links: Die hoofleiers, Fortune Sehlabane en Annebelle Oldewage, saam met Vanessa Kachelhoffer, skoolhoof, Mateo en Tom Naudé en Francois Lottering, adjunkhoof.

“Dankie, ek waardeer julle vir hierdie spesiale geleentheid wat julle hier hou. Dit is ‘n voorreg vir my en my seun om hier te kan wees.”

Tom Naudé, agterskleinseun van Oom Toma Naudé, lui die skeepsklok.

Vanessa Kachelhoffer, skoolhoof, het vertel van die Bybels wat elke gr. 12 leerders ontvang.

Tom Naudé, agterskleinseun van Oom Tom Naudé, met die skeepsklok.

“In die 1960’s het Tom R5 geskenk sodat elke gr. 12 Tommie ‘n Bybel met ‘n spesiale Bybelvers en sy handtekening kon ontvang.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button