Dié kamp sal Piet Pot se landsdieners nog lank onthou
Dié kamp was spesifiek gemik op leierskapopleiding en ontwikkeling, en leerders word ook gekies vir die nasionale kamp, asook die Eco Safarikamp.
MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter se landsdieners het tydens die winterskoolvakansie die provinsiale kamp bygewoon wat by Zwartkloof Adventures gehou is.
Daar het bykans 100 landsdieners van regoor die provinsie saamgetrek vir ‘n kamp wat hulle nog vir lank gaan onthou.

Tydens die kamp was die landsdieners besig gehou met hindernisbane, handvaardighede, godsdiensprogramme, kampvuurkuiers, uitstappies na ‘n leeupark asook opvoedkundige speletjies wat uit ‘n mini-olimpiade en ‘warrior race’ bestaan het.
Dié kamp was spesifiek gemik op leierskapopleiding en ontwikkeling, en leerders word ook gekies vir die nasionale kamp, asook die Eco Safarikamp.

Daar word wel na kriteria gekyk om te kwalifiseer vir die nasionale kamp, insluitend hoe goed leerders in spanverband saamwerk, terwyl ander aktiwiteite hul denk- en selfs leierskapvaardighede onder die loep plaas.
Die volgende HPP-leerders is gekies om dié kamp in Desember mee te maak: Marlo van der Walt is verkies tot Limpopokampleier in die gr. 8-10-ouderdomsgroep, met Danielle Botes, Micke Prinsloo, Carla en Stephanie Dannhauser, Christi Jordaan, Anuschka Gouws, Lee-Jané Jansen van Rensburg, Henro van der Walt en Gerard Kruger ook ingesluit.

Die volgende leerders gaan die skool verteenwoordig by die Eco Safarikamp in Desember: Duné Tromp, J-L Strydom, Karabo Maphoto, Tshepang Mabatomela, Omi Aphane, Lindiwe Mnisi, Phomelelo Diphoko en Kebafentse Masenya.




