Schools

FOTO’S: Kit-Kat Tank kuier by Osieteddies

Osieteddies se kleuters het onlangs meer geleer oor troeteldiere, hoe om hulle te versorg, wat hulle eet en hoe ‘n mens met hulle moet werk.

POLOKWANE – Diere is die een plek waar kinders leer van onvoorwaardelike liefde, omgee en aanvaarding. Ongelukkig is dit nie altyd vir ouers moontlik om ‘n troeteldier deel van hulle gesin te maak nie.

Anje Erasmus staan by die KitKat, die perd.

By Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het die kleuters verlede week meer geleer oor troeteldiere, hoe om hulle te versorg, wat hulle eet en hoe ‘n mens met hulle moet werk.

Om dit wat die kleuters in die klas geleer het, dieper in hulle geheue vas te lê, het die personeel besluit om diere-eienaars te nooi om hulle diere vir die kleuters te wys.

Van Kit-Kat die perd, Tank die Engelse Bulhond, en sagte hasies en katjies tot grillerige slange, yskoue visse en helder geel budgies het Donderdagoggend by die skool gekuier.

Elke leerder kon aan Kit-Kat, Tank, die reptiele, hasie en katjies raak en party was selfs dapper genoeg om die jong luislang om hulle nekke te hou.

Gedurende die oggend het die kleuters ook van hulle eie troeteldiere vir hulle maats vertel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button