KYK: ATKV-redenaarsfinaal vir dié Osie
Uit die ATKV se riglyne moes die tema 'Stem' en RJ Odendaal (9) het die onderwerp 'Ek stem vir Suid-Afrika' gekies en dit met oortuiging aangebied.
POLOKWANE – Met selfvertroue en ‘n gehoor wat aan sy lippe hang, het Laerskool Pietersburg-Oos se RJ Odendaal (9) onlangs aan die ATKV-redenaarsfinaal deelgeneem.
Die gewilde kompetisie se laaste rondes is op 5 en 6 Augustus in Stellenbosch aangebied.
Uit die ATKV se riglyne moes die tema ‘Stem’ en RJ het die onderwerp ‘Ek stem vir Suid-Afrika’ gekies en dit met oortuiging aangebied.
@polokwanereview Met selfvertroue en ‘n gehoor wat aan sy lippe hang, het Laerskool Pietersburg-Oos se RJ Odendaal (9) onlangs aan die ATKV-redenaarsfinaal deelgeneem. Die gewilde kompetisie se laaste rondes is op 5 en 6 Augustus in Stellenbosch aangebied. Uit die ATKV se riglyne moes die tema ‘Stem’ en RJ het die onderwerp ‘Ek stem vir Suid-Afrika’ gekies en dit met oortuiging aangebied. #polokwane #Limpopo #ReviewOnline #Afrikaans ♬ original sound – plkreview
Dit was sy eerste keer by die ATKV-finaal, maar beslis nie sy eerste oorwinning nie.
“Ek het al die Super 12-redenaars gewen en is by verskeie ander kompetisies in Afrikaans én Engels as wenner aangewys,” vertel hy.

In sy toespraak het RJ onder meer na Bok van Blerk se musiek verwys. Dit het tot ‘n onverwagte uitdaging gelei toe die bekende sanger self in die gehoor gesit het.
“Gewoonlik kyk ek na hom, maar hierdie keer het hy vir my gekyk – dit was die moeilikste deel!” vertel RJ.

Benewens sy redenaarsvernuf is RJ ook ‘n ywerige hengelaar. In Julie het hy Suid-Afrika verteenwoordig in die Region 5-hengeltoernooi in Namibië. Hy geniet ook krieket en swem, maar sy grootste passies bly visvang en jag.
Sy afrigter, juffrou Celeste Lange, het saam Kaap toe gereis om hom te ondersteun.
“Ek waardeer dit ongelooflik dat juffrou Celeste saam met my gegaan het,” sê hy dankbaar.




