Schools

Groot sukses vir Oosskool se rugbyspanne

Spelers is onlangs tydens ‘n spesiale geleentheid by die skool vir hulle bydrae vanjaar op die veld vereer.

POLOKWANE – Oosskool se rugbyspanne is verlede Dinsdagaand tydens ‘n prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle bydrae tot die skool se sukses.

André Visser, beheerligaamlid vir buitekurrikulêre aangeleenthede, het die geleentheidsboodskap vir die rugbyseuns aangebied.

“Elkeen van julle is reeds ‘n wenner. Ek glo daar is vyf dinge wat almal moet hê:”

1. Iemand om in te glo. Glo in God, sit Hom heel eerste in jou lewe.

2. Iemand om lief te hê en iemand wat jou onvoorwaardelik terug liefhet. Koester die tye wat jy saam met jou ouers het, die tyd is kort.

3. Iets om te doen. Vind jou passie, as jy ‘n passie het, gaan jy altyd goed doen. Volg jou passie voluit.

4. Iets om op trots te wees, soos jou skool, onderwysers, afrigters, ouers en jou spanmaats.

5. Iets om voor te hoop. Stel vir jou doelwitte om na uit te sien.

“Jy kan nie net droom nie, dan bly dit net ‘n droom, vat elke dag ‘n tree om nader aan jou droom te kom. Jy moet konsekwent wees in elke stappie wat jy neem. Doen elke dag klein bietjie om seker te maak jy kom by jou doelwit uit.”

André het die seuns met drie wenke gelaat wat hulle sal help om nader aan hulle doelwitte te kom:

1. Doen wat reg is en vermy wat verkeerd is.

2. Doen alles na die beste van jou vermoë.

3. Gee werklik om vir mense, dan sal mense jou vertrou.

Vanjaar is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat die spanne in al nege finale rondes gespeel het:

Suksesse:

• In 2025 het ongeveer 155 seuns deur die loop van die seisoen rugby gespeel.

• Daar was nege spanne betrokke. Die o/9A en -B’s tot o/11A en -B, derdes. tweedes en eerste span.

• Oosskool toer met die o/9A en -B’s tot o/11A en -B-spanne na Camp Discovery.

• Die o/9A- en -B-spanne het ook aan die Midstream toernooi deelgeneem.

• Oosskool speel 22 wedtryde, wen 21, teken 742 punte aan en slegs 101 punte teen hulle.

• Die eerste en tweede spanne toer na die jaarlikse Noordsuid toernooi en behaal gemengde uitslae oor die vyf dae.

• Die eerste span toer na Wildeklawer in Kimberley waar verskeie skole regoor die land op uitnodiging deelneem. Oosskool speel drie wedstryde: wen een, speel een gelykop en verloor een.

• Daar word 35 wedstryde in die liga gespeel en Oosskool verloor slegs twee.

• Oosskool teken 1 333 punte aan gedurende die liga en slegs 160 punte teen hulle. Dit is ‘n gemiddeld van 38 punte per wedstryd en slegs 4.5 teen hulle.

• Slegs die A-spanne neem deel aan die Super 12.

2025 se resultate:

• Oosskool eindig algeheel 10de.

• Ligawedstryde word teen: Laerskool Pietersburg Noord (Noordskool), Pietersburg Laerskool, Laerskool Tzaneen, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Piet Hugo gespeel.

• o/9A: Ligawenners en Limpopowenners.

• o/9B: Liganaaswenners en Limpopowenners.

• o/10A: Ligawenners en Limpopowenners.

• o/10B: Ligawenners en Limpopowenners.

• o/11A: Ligawenners en Limpopowenners.

• o/11B: Ligawenners en Limpoponaaswenners.

• Derde span: Ligawenners en Limpopowenners.

• Tweede span: Liganaaswenners en Limpoponaaswenners.

• Eerste span: Ligawenners en Limpopowenners.

Al nege spanne is deur na die Limpopofinale.

• Oosskool wen sewe van die nege Limpopo Grootskole Liga’s met twee naaswenners.

Trofeë:

• Van Wyk Trofee vir juniorspan van die jaar: o/11A met Chrizander Ehlers as kaptein.

• Gerrit Cloete Trofee vir die seniorspan van die jaar: Eerste span met Eben Smit as kaptein.

• Sanlam Trofee vir voorspeler van die jaar (slegs in die eerste span): Ethan Cardases.

• Carl Koch Trofee vir agterspeler van die jaar (slegs in die eerste span): Marius Smit.

• Phetolo Mokwena ontvang ‘n unieke prestasietrofee vir sy bydrae tot die skool se rugbysukses.

• Boerebenodighedetrofee vir rugbyspeler van die jaar (slegs in die eerste span): Eben Smit.

• Frederich Cilliers trofee vir afrigters van die jaar: Johan Bekker, Chris Smith en Gideon Pelzer.

• Efan Meyer trofee vir skeidsregter van die jaar: Wian Kruger.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button