Schools

D-dag wag vir PHS-rugby in Noordvaalfinaal

Die skoolhoof, Adolf Ellis, het gesê dat die spanne se plek in die eindronde nie net 'n sporttriomf is nie, maar die kultuur van uitnemendheid wat by PHS heers, weerspieël.

POLOKWANE – ‘n Gees van opwinding het geheers toe Hoërskool Pietersburg Saterdag die gasheerskool was en twee uit drie wedstryde gewen het teen verskeie skole in die Noordvaalbeker Skildtrofeehalfeindronde.

Die top drie spanne, naamlik die o/15A-, o/16A- en eerstespanne, het onderskeidelik kragte gemeet teen Piet Retief, Ben Vorster en Lichtenburg, en twee van die spanne het met oorwinnings deurgedring na die eindronde van dié hoog aangeskrewe eindbekerkompetisie.

Xander Deyzel van PHS word platgetrek deur ‘n Ben Vorster speler, Jan-Hendriks Boneschans en Jordan de Bruyn is daar om hom te ondersteun in hul wen in die o/16A semifinaal.

Die skoolhoof, Adolf Ellis, het gesê dat die spanne se plek in die eindronde nie net ‘n sporttriomf is nie, maar die kultuur van uitnemendheid wat by PHS heers, weerspieël.

“Rugby is nie net ‘n spel vir ons nie, dit is ‘n bron van trots en inspirasie vir die hele skool en die Limpopogemeenskap. ‘Die pad na die eindstryd was gevul met intense wedstryde, strategiese spel en ‘n onwrikbare spanband. Ons spelers het hulself oortref, terwyl die afrigtingspan se kundigheid en passie duidelik vrugte afgewerp het,” het hy aan Review gesê.

Peter O’Reiily, Jan-Hendrik Boneschans en Ilarsus Francis berei voor vir ‘n lynstaan-ondersteuning.

Ellis het verder beklemtoon dat die skool se spanne met groot opgewondenheid uitsien na die geleentheid om Limpopo se naam met trots in Pretoria te gaan verteenwoordig.

“Die eindstryd beloof om ‘n kragmeting van groot omvang te wees, en ons is gereed om te wys waarvoor ons staan.”

‘n Strategiese skrum deur PHS teen Benvorster in die o.16A Noordvaalbeker-halfeindstryd neem die gasheer na die oorwinning.

Uitslae:

o/15A: PHS 14–19 Piet Retief.

o/16A: PHS 21–17 Ben Vorster.

Eerste span: PHS 36–28 Lichtenburg.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button