CH000315
KENNISGEWING VAN `N GELYKTYDIGE AANSOEK VIR DIE STIGTING VAN `N DORP, KONSOLIDASIE EN SKRIFTELIKE TOESTEMMING INGEVOLGE ARTIKELS 54, 67 EN 73, ONDERSKEIDELIK, VAN DIE POLOKWANE MUNISIPALE BEPLANNINGSVERORDENING, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025)
BENDOR UITBREIDING 133 Ons, CITEPLAN (EDMS) BPK, as die aansoeker, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95(1)(a) van die Polokwane Munisipale Beplanningsverordening, 2017 (Soos Gewysig 2025), dat ons by Polokwane Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die gelyktydige stigting van `n dorp, konsolidasie en skriftelike toestemming ingevolge Artikels 54, 67 en 73, onderskeidelik, van die Polokwane Munisipale Beplanningsverordening, 2017 (Soos Gewysig 2025) waarna in die Aanhangsel hierby verwys word. Enige beswaar(e) en/of kommentaar(e), insluitend die gronde vir sodanige beswaar(e) en/of kommentaar(e) met volledige kontakbesonderhede, waarsonder die Munisipaliteit nie kan korrespondeer met die persoon of liggaam wat die beswaar(e) en/of kommentaar(e) indien nie, moet skriftelik by die volgende ingedien of gerig word: Bestuurder: Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Posbus 111, Polokwane, 0700 vanaf 24 Julie 2026 tot 24 Augustus 2026. Volledige besonderhede en planne (indien enige) kan gedurende normale kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit, vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van die eerste publikasie van die advertensie in die Provinsiale Koerant / Observer-koerant besigtig word. Adres van Munisipale kantore: 2de Verdieping Burgersentrum, Landdros Mare Straat, Polokwane, 0699 Sluitingsdag vir enige besware en/of kommentaar: 24 Augustus 2026 Adres van aansoeker: Posbus 1624 Ferndale Randburg, 2194 of 93 Silver Pine Laan, Malanshof, Randburg, 2194, Tel: 084 690 9479 Faks: 086 614 9265, e-pos: bruce@citeplan.net Datums waarop kennisgewing gepubliseer sal word: 24 Julie en 31 Julie 2026
BYLAE
Naam van dorp: Bendor Uitbreiding 133 Volle naam van aansoeker: CITEPLAN (EDMS) BPK Aantal erwe, voorgestelde sonering en ontwikkelingsbeheermaatrels: Die aansoeker is van voorneme om `n dorp met 2 erwe te stig wat gelyktydig gekonsolideer sal word in een groot erf gesoneer as “Besigheid 3” vir die ontwikkeling van kleinhandel, kantoor en restaurant as primre regte met die insluiting van `n Gimnasium (Plek van Onderrig) as `n sekondre reg ingevolge Klousule 37 van die Polokwane Gentegreerde Grondgebruikskema, 2022. Die voorgestelde regte sal onderhewig wees aan standaardbeheermaatrels ingevolge die Skema, behalwe vir dekking wat verhoog word tot 70% deur middel van Skriftelike Toestemming ingevolge Klousule 37 van die Skema, en die FAR word beperk tot 0.6 deur die gebruik van `n Aanhangsel. Die aansoeker se bedoeling is om `n gemengde gebruiksontwikkeling toe te laat. Ligging en beskrywing van eiendom waarop dorp gestig gaan word:Die Oorblywende gedeelte van Gedeelte 171 (`n Gedeelte van Gedeelte 1) van die Plaas Tweefontein 915 Registrasie Afdeling LS. Die voorgestelde dorp is gele: 9 km noordoos van Polokwane Sentraal, oos aangrensend aan Schoolweg.
Reference Number: CH000315