CH000332
MAKHADO PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
AANSOEK OM SPESIALE TOESTEMMING VERWENDING OP GEDEELTE 1 VAN ERF 335 LOUIS TRICHARDT, IN TERME VAN ARTIKEL 75(1) VAN MAKHADO RUIMTELIKE BEPLANNING, GRONDONTWIKKELING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR VERORDENING, 2016 EN KLOUSULE 22 VAN MAKHADO GRONDGEBRUIKSSKEMA, 2009 GELES SAAM MET DIE BEPALINGS VAN RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUUR WET 16 VAN 2013 VIR DOEL VAN OORNAGVERBLYF Ek, Mbali Masuku van SmartPlan Development Consultants, as die gemagtigde agent van Gedeelte 1 van Erf 335 Louis Trichardt Dorpsgebied, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 93 van die Makhado Munisipaliteit Ruimtelike Beplanning, Grondontwikkeling en Grondgebruikbestuursverordening 2016, dat ek `n aansoek vir Spesiale Toestemming vir oornagverblyf op Gedeelte 1 van Erf 335 Louis Trichardt Dorpsgebied ingedien het in terme van Artikel 75(1) van die Makhado Munisipaliteit Ruimtelike Beplanning, Grondontwikkeling en Grondgebruikbestuursverordening 2016 en Klousule 22 van Makhado Grondgebruikskema 2009 gelees saam met die bepaling van die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur 16 van 2013 (SPLUMA). Besonderhede van die aansoek sal beskikbaar wees vir inspeksie gedurende normale kantoorure (tussen 7:00 en 16:00) by die kantoor van die Direkteur Ontwikkeling en Beplanning: Makhado Plaaslike Munisipaliteit by 83 Kroghstraat, Louis Trichardt, 0920 vir *`n periode van 30 dae vanaf 30 Julie 2026. Enige besware teen of voorstellings met betrekking tot hierdie aansoek moet by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Privaat Sak X2596, Makhado, 0920, ingedien of skriftelik gemaak word binne `n periode van 30 dae. Adres van die applikant: 24 Esselenstraat, Johannesburg, 2001
Sel: 0731360296
E-pos: smartplanconsulting407@gmail.com
Reference Number: CH000332