CH000367
MOGALAKWENA PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
KENNISGEWING INGEVOLGE ARTIKEL 16(1)(F) VIR DIE HERSONERING VAN GEDEELTE 1 VAN ERF 496 PIET POTGIETERSRUST VAN `RESIDENSIEEL 1` NA *BESIGHEID 1` INGEVOLGE ARTIKEL 16(1) VAN DIE MOGALAKWENA-MUNISIPALITEIT SE VERORDENING OP GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2016. WYSIGINGSKEMA 236 Ons, Sakhizwe BNV (Pty) Ltd, as die agent van die eienaar van Gedeelte 1 Van Erf 496 Piet Potgietersrust, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 16(1)(f) van die Mogalakwena Se Verordening Op Grondgebruikbestuur, 2016, dat ons by die Mogalakwena-Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Mogalakwena-grondgebruikskema, 2008, deur middel van hersonering ingevolge Artikel 16(1) van die Mogalakwena-Munisipaliteit Se Verordening Op Grondgebruikbestuur, 2016. Die betrokke eiendom is gele te Rabestraat 86 in die sakesentrum (cbd) van Mokopane. Die hersonering is van “Residensieel 1” na “Besigheid 1” vir `n hotel, onderworpe aan toepaslike beheermaatrels ingevolge die skema soos uiteengesit in die bylae: Vloeroppervlakteverhouding van 1.6, hoogte van 6 verdiepings, dekking van 60%, 1 parkering per verhuurbare kamer plus 6 per 100m2 openbare vloeroppervlakte en boulyne van 5m straatgrens en 3m agter- en een sygrens Enige beswaar(e) en/of kommentaar, insluitend die gronde daarvoor en volledige kontakbesonderhede
•waarsonder die munisipaliteit nie met die persoon of liggaam wat die beswaar(e) en/of kommentaar indien, kan kommunikeer nie
•moet skriftelik ingedien word by: beplanning en ontwikkeling, Posbus 34, Mokopane, 0600 / thokal@mogalakwena.gov.za , vanaf 4 September tot 5 Oktober 2026. Volledige besonderhede en planne (indien enige) kan gedurende normale kantoorure by die munisipale kantore (soos hieronder uiteengesit) besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van die eerste publikasie van die kennisgewing in die provinsiale koerant / bosvelder- koerant. Adres van munisipale kantore: Posbus 34, Mokopane, 0600; Retiefstraat 54, Mokopane 0601. Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentaar: 05 Oktober 2026. Adres van aansoeker: Posbus 03, Polokwane, 0700. Telefoonnr.: 065 689 6983 / 084 690 9479 E-pos: admin@sakhizwebnv.co.za Datums waarop kennisgewing gepubliseer sal word: 04 September en 11 September 2026. Verwysing: cpd
Reference Number: CH000367