SA002717

KENNISGEWING KRAGTENS ARTIKEL 16(1)(F)(II) VAN DIE MOGALAKWENA SPLUMA-VERORDENINGS VAN 2016 Ons, Future Focus Planning Consultants (Edms) Bpk, as die gemagtigde agent van die geregistreerde eienaar van Erf 42/1, Piet Potgietersrus, gele te 60 Schoemanstraat, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 16(1)(f)(ii) van die Mogalakwena SPLUMA Verordeninge van 2016 dat `n aansoek by die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit ingedien is vir die hersonering van die eiendom van *`Residensieel 1` na `Besigheid 1` ingevolge die Mogalakwena Grondgebruikbestuurskema (LUMS), 2008. Besonderhede van die aansoek sal beskikbaar wees vir inspeksie gedurende normale kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, 54 Retiefstraat, Mokopane, vir `n tydperk van dertig (30) kalenderdae vanaf 29 Mei 2026 (datum van die eerste publikasie van die kennisgewing) en 05 Junie 2026 (datum van die tweede publikasie. Enige beswaar teen of voorstelling rakende die aansoek moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder by bogenoemde adres ingedien word of aan Posbus 34, Mokopane, 0600, afgelewer word binne dertig (30) kalenderdae vanaf 29 Mei 2026. Enige persoon wat nie kan skryf nie, kan gedurende normale kantoorure die bogenoemde munisipale kantore besoek waar hulp verleen sal word om sodanige persoon se besware, kommentare, of voorstellings oor te skryf. Kontakpersoon:
E-pos: thokal@ mogalakwena.gov.za

Reference Number: SA002717

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button