SA002757
POLOKWANE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN GELYKTYDIGE AANSOEKE VIR DIE UITSLUITING VAN DIE HOEWE, SPESIALE EN SKRIFTELIKE TOESTEMMINGS AANSOEKE INGEVOLGE ARTIKELS 73 EN 173 VAN DIE POLOKWANE MUNISPALE BEPLANNINGS BY-WET, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025) GELEES SAAM MET KLOUSULE 36 EN 37 VAN DIE POLOKWANE GENTEGREERDE GRONDGEBRUIKSKEMA, 2022 Ek, Marco Nolte van Natura Professional Planners (Edms) Bpk, synde die aansoeker en gemagtigde agent van die eienaar van die eiendom, Gedeelte 1 van Hoewe 171 Dalmada LH, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95(1) van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), dat ek/ons het aansoek gedoen by Polokwane Munisipaliteit vir die uitsluiting van Hoewe uit die Hoeweregister, Spesiale Toestemming aansoeke vir `n Lodge en Drie Wooneenhede, asook `n Skriftelike Toestemmings aansoek vir boulyn verslapping ingevolge Klousules 36 en 37 van die Polokwane Gentegreerde Grondgebruik Skema, 2022 saamgelees met Artikels 73 en 173 van die Polokwane Munisipale Beplannings By- Wet, 2017 (soos Gewysig 2025) en die bepalings van die Landbouhoewes (Transvaal) Registrasiewet 22 van 1919, op die eiendom soos hierbo beskryf. Die eiendom is gele: Plot 171 Dalmada, op die hoek van 5de Straat en Mohlala-/Derde Laan in Dalmada (2352`49.21″S 2931`57.27″O)
•ook bekend as “Rockhill Accommodation”. Die sonering is “Landbou” en die applikant se voorneme is om die grondgebruike op die eiendom te formaliseer en die meeste van die bestaande eenhede in `n Lodge (oornag akkommodasie) te omskep. Die westelike boulyn word verslap na 0m. Enige besware of kommentare, insluitend die gronde daarvan met volledige kontakbesonderhede, moet ingedien word by, of skriftelik gerig word aan: Bestuurder: Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Polokwane Munisipaliteit, Posbus 111, Polokwane, 0700 vanaf 29 Julie 2026 tot 26 Augustus 2026. Enige persoon wat nie kan skryf of lees nie, kan gedurende kantoorure die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bywoon, waar `n amptenaar daardie persoon sal bystaan om `n kommentaar in te dien. Volledige besonderhede kan gedurende kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van die kennisgewing in die Polokwane Review koerant. Adres van Munisipale kantore: Hk van Landros Mare- en Bodensteinstraat, Burgersentrum, 0699. Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentare is 26 Augustus 2026. Adres van applikant:
Limassolstraat 02
Ismini Kantoorpark
Polokwane 0699 Tel nr.:
074-544-5544
Datums waarop
kennisgewing
gepubliseer
sal word:
29 Julie en
5 Augustus 2026
Reference Number: SA002757