SA002772
KENNISGEWING VAN AANSOEK OM VOORGESTELDE HERSONERING OP ERF 792 PIET POTGIETERSRUST UITBREIDING 1. WYSIGINGSKEMA 248 Ons, as Urban Scope Developments, as die gemagtigde agent oor Erf 792, Piet Potgietersrust Uitbreiding 1, het aansoek gedoen by die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit ingevolge die Mogalakwena Grondgebruikbestuursverordening, 2016, vir die gelyktydige hersonering van die bogenoemde eiendom van `Residensieel 1` na `Spesiaal` met die doel om `n gastehuis met masseerkamer ontwikkel. Die aansoek sal vir inspeksie beskikbaar wees by die kantore van Beplanning en Ontwikkelingsdienste, 2de Vloer, Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, Retiefstraat 54 van 07:30 tot 15:30, vir `n tydperk van 28 dae vanaf 11 Septemer 2026. Besware teen, of verto aangaande die aansoek moet skriftelik ingedien of gemaak word, en enige skriftelike beswaar moet die beswaarmaker se adres bevat. Besware en verto moet per geregistreerde pos of persoonlik gemaak word, op of voor die sluitingsdatum vir opmerkings en/of besware soos hieronder uiteengesit, aan die Direkteur, Beplanning en Ontwikkelingsdienste by die bogenoemde adres en aan die aansoeker by die hieronder vermelde kontakbesonderhede. Sluitingsdatum vir indiening van opmerkings en/of besware: 8 Oktober 2026 Urban Scope
Developments and Projects
T/A Urban
Africa Development
Address: 23 Fregatvoel Street
Centurion
0157
Contact details: themba@
urbanafrica.co.za
076 733 8697
Reference Number: SA002772