LettersOpinion

Kinders speel nie meer nie

Dis tragies om te sien dat vandag se kinders nie meer weet wat dit beteken om net kind te wees nie.

Dis tragies om te sien dat vandag se kinders nie meer weet wat dit beteken om net kind te wees nie.
Hulle jaag blindelings deur die lewe op pad na die grootmens-wêreld en mis uit op die avontuur, opgewondenheid, lekkerte en plesier van kindwees en die vryheid van ‘n kommerlose bestaan.
Verby is die dae toe wegkruipertjie en skop-die-bal, tolletjie gooi en vlieërs vlieg cool was.
Verlang ek nou na my kinderdae toe dit nog lekker was om kaalvoet in die reën te speel, modderkoekies te bak op ‘n lekker warm dag of om blikkies in die straat te speel. My gunsteling speletjies was touspring en kousie-kousie.
Nee, vandag se kinders dink dit is cool om heeldag in die winkelsentrums rond te hang. Meisies beplak hul gesigte met grimering en seuns sit vasgeplak voor die Playstation.
Dis deesdae ook cool om op op nege-jaar al ‘n meisie of kêrel te hê.
My vélle sou gewaai het as ek op nege al moes dink aan mannetjies. My ma het altyd gesê, “vroeg ryp, vroeg vrot,” en ek glo dit, veral as ek kyk na hoe-veel jong mammas en pappas ons vandag het.
Vandag se kinders weet nie meer hoe om te speel nie, weet nie wat dit beteken om kind te wees nie.
Om kind te wees is die beste oomblikke van ‘n mens se lewe en dis belangrik dat grootmense kinders leer hoe om te speel en die lewe te geniet.
Iemand moet iets doen voor ons kinders uitmis op die lekkerste gedeelte van hul lewens deur hulle simpel gejaag na die grootmenslewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button