Opinion

Die klein swart boekie

“Elkeen van ons behoort ‘n klein swart boekie te hê,” sê een van my vriendinne. Sy bedoel nie ‘n skandelike versameling van name en telefoonnommers wat onsedelike geheime impliseer nie. Nee, dit is heeltemal ‘n ander soort boekie. Dié swart boekie behoort reëls te bevat vir oudword. Oud word is nie vir sissies nie en …

“Elkeen van ons behoort ‘n klein swart boekie te hê,” sê een van my vriendinne.

Sy bedoel nie ‘n skandelike versameling van name en telefoonnommers wat onsedelike geheime impliseer nie. Nee, dit is heeltemal ‘n ander soort boekie. Dié swart boekie behoort reëls te bevat vir oudword. Oud word is nie vir sissies nie en ‘n mens moet liewer nie jou mond oopmaak oor plekke waar jy nog nie self was nie. Maar ons het met ‘n paar idees gespeel.

Elke vriendin gooi ‘n stuiwer in die armbeurs: “‘n Mens word al hoe meer soos jou ouers hoe ouer jy word. Maak seker dat die beste eienskappe dié is wat jy uithaal en wys. Moenie swanger mammas vertel hoe seer kraam regtig is nie! Bied hulp aan, maar gee net raad wanneer jy gevra word.” Moenie kommentaar lewer op jou kinders se huise nie. ”

“Moenie tennis kyk sonder klank nie, dit ‘freak’ kinders uit. Moenie almal ontwrig net om jou storie te kyk nie Dit sal weer uitgesaai word. Moenie heeltyd gedurende die fliek dinge vra soos: ‘Wie is die nou?’ of ‘Is dit nou die kroek?’ nie.”

“Moenie alles in dubbele sakkies toeknoop nie, veral nie ou broodsakkies nie. Moenie roomys bêre tot dit verval omdat jy dit vir die kinders wil bedien nie. Eet dit sommer self op, net na die ontbytvlokkies. Laas jaar se vrugtekoek is nie meer vanjaar so lekker nie! As jy geskenke wil ‘herwin’, maak’n lysie sodat jy nie iemand se persent vir hom teruggee nie. Moenie sonder jou tande rondloop nie.”

Dan is daar natuurlik dinge wat mens moet onthou om wel te doen: “Leer die kleinkinders van vroeg af om self batterye in hulle speelgoed te sit, en koop ekstra’s vir alles wat raas, fluit of toet. Leer kleinkinders dat mens maar sjokolade en roomys vir ontbyt mag eet en dat lekker vrugte soos lietsjies en aarbeie net vir kinders is.”

“Vra jou skoondogter vir die resep van wat sy ookal gemaak het. Vertel jou kinders wat ‘n wonderlike kleinkinders hulle voortgebring het.”

En, natuurlik: “Klop jouself gedurig op die skouer dat jy so ver gevorder het en geniet wat jy kan. Die lewe is kort!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button