Opinion

Die eerste kerk was dinamies en nie ‘n klub nie

Tjaart Meyer

Die eerste kerk was dinamies. Die eerste kerk was nie ‘n klub nie, maar ‘n beweging en hulle het na hulself verwys as mense van die weg.

Hulle het nie vasgeval in strukture en projekte nie. Hulle het geweet wat hulle moes doen, en hulle het dit gedoen.

Hulle vingerafdrukke het nie op geboue en ampte gelê nie, maar op mekaar en die gemeenskap se lewens.

Die eerste Christene het nie gewag vir die regte strukture of besluite nie. Hulle het nie gewag vir nuwe projekte nie. Hulle het Jesus gevolg.

Keith Meyer was vir 12 jaar lank leraar van ‘n gemeente. Tans is hy professor aan die Denver seminarium. Hy het onvermoeid gewerk aan programme en strategieë om groei in sy gemeente te stimuleer.

Tot sy jong seun eendag die vraag gevra het: “Daddy, are you home yet?” Keith het begin wonder of daar iets geskort het. Hy skrywe: How did I get to the place where I was so off-task, caring more about my church’s organisational extension and survival and measuring success in business terms – attendance, buildings and cash (ABC!) – rather than in becoming and making mature disciples of Jesus? How did church become more of a business organisation for consumers of religious goods than a training ground of followers of Jesus?

Die grootste probleem vandag in vele gemeentes is dat baie nog nie besluit het om Jesus te volg nie. Hulle het omgedraai, maar loop nog nie saam met Jesus nie. Die prys is net te hoog.

Om Jesus te volg is om opgeneem te word in God se plan en te help bou aan sy nuwe ryk. Om Jesus te volg vra veel meer as kerklike meelewing en deelname aan “geestelike” aktiwiteite.

Om Jesus te volg is om deel te word van God se droom en saam te bou aan God se nuwe Jerusalem.

Ons soek die veiligheid van die nuwe lewe, maar ons sien nie kans vir die eise wat om Jesus te volg aan ons stel nie. Ons sê ja vir omdraai, maar wag so bietjie met die eise.

Baie Christene wil net genoeg van Jesus hê om hulle te red maar hulle wil nie die volle eis van dissipelskap hoor en daarvolgens leef nie.

Jesus sê: Volg My. Sterf aan jouself.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button