Opinion

God se liefde vir ‘n stukkende, korrupte wêreld

Daar is ‘n Rabbynse spreuk wat lui: God sal ons eendag oordeel oor al die vreugdes – ook die liggaamlike vreugdes – wat Hy aan ons gegee het, maar wat ons nagelaat het om te geniet. God is nie meer besorg oor jou siel as oor jou liggaam nie. God red nie siele nie, maar …

Daar is ‘n Rabbynse spreuk wat lui: God sal ons eendag oordeel oor al die vreugdes – ook die liggaamlike vreugdes – wat Hy aan ons gegee het, maar wat ons nagelaat het om te geniet.

God is nie meer besorg oor jou siel as oor jou liggaam nie. God red nie siele nie, maar mense. Hy is immers die Skepper van die hele mens! God is ook nie meer besorg oor die kerk as oor die wêreld nie. Inteendeel, ons lees dat God die wêreld tot die dood toe liefgehad het! (Joh. 3:16).

God het hierdie stukkende, korrupte, besoedelde en gewelddadige wêreld tot die dood toe lief!

Dit gaan nie oor die kerk en die wêreld nie, ook nie oor die kerk soos die wêreld nie. Dit gaan oor die kerk in, vir en met die wêreld.

Ons moet elke dag so in God se wêreld lewe dat alles weer word soos Hy dit oorspronklik bedoel het. Daarom moet ons ons geloof veel wyer uitlewe as net binne die mure van kerkgeboue. Ons moet ons geloof uitlewe in operasies, maandstate, verkope, herstel, klasgee, planne optrek en ontwerp. Ons moet alles tot eer van God doen! (1 Korintiërs 10:31). Lag en speel is net soveel aanbidding as bid en sing! Baie sien die kerk as ‘n droë, vreugdelose plek waar mense die kuns van die lewe verleer het.

Maar wat van die sonde? ‘n (Galasiërs 5:13). Is die wêreld nie “gelyk aan” sonde nie? Sonde gaan in sy wese oor gebreekte verhoudings – met God, mekaar en die omgewing. As Jesus die wet opsom, praat Hy oor verhoudings. Sonde is ‘n lewe wat net om myself draai. Sonde is om te gryp na die lewe asof al wat belangrik is, dit wat ek vir myself daaruit kan haal.

Sonde is om so min ruimte te maak vir ander dat daar net plek onder my is. Sonde is ‘n lewe waar my misbruik van drank my in my eie klein wêreldjie laat leef waar ander en hulle nood niks tel nie en ‘n lewe waar my padmaniere ander se lewens ingevaar stel. Sonde is om my hart te verloor op dinge wat vergaan en te gryp na die gawes in plaas van die Gewer. Dit is om myself te dien, en nie myself te offer nie, om my eie ideë te hê oor wat goed en lekker en pret is. Daarom lei hierdie lewe tot owerspel, onsedelikheid, losbandigheid, woede, verdeeldheid, jaloesie en dronkenskap (Galasiërs 5:19-21).

Daar is net een wêreld. God se wêreld. Gaan uit in God se wêreld en lewe voluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button