BlogsOpinion

Is daar hoop?

Jare gelede was 'n duikboot en 'n skip in 'n botsing betrokke.

Jare gelede was ‘n duikboot en ‘n skip in ‘n botsing betrokke.

Dit klink moeilik om te glo, maar die duikboot het gesink en die bemanning was binne-in die duikboot vasgevang.

Heelwat bote het hulle na die rampgebied gehaas om te help. Een van die duikers wat kom help het, het tot teen die duikboot geswem. Teen die binnekant van die romp van die duikboot was iemand besig om te klop. Hy het gehoor hoe daar in morsekode uitgeklop word: “is daar hoop?”

Is daar hoop? Is dit nie die vraag wat soveel mense vandag steeds vra nie? Is die lig voor in die tonnel miskien ‘n trein? Waar sal ons hulp vandaan kom, van Amerika of China?

Wanhoop is niks anders as om te dink selfs God kan niks aan hierdie situasie doen nie.

Mense wat hoop verloor het, het baie gesigte. Ons kry hulle in gemeenskappe waar mense nie meer glo wat leiers belowe nie. Van beloftes van dienslewering het hulle genoeg gehad.

Ons kry hulle in plakkers-kampe waar mense moed opgegee het om werk te soek.

Ons kry hulle in intensiewesorgeenhede, ons kry hulle waar hulle terminaal in hospitiums lê, ons kry hulle op bankrotveilings, ons kry hulle in dokters en sielkundiges se spreekkamers, ons kry hulle met hulle glimlagmaskers op raserige kantoorpartytjies. Hulle het hoop verloor.

Nog mense het hulle werk verloor, nog bedrog word gepleeg, nog mense sterf op ons paaie en nog twee ou mense word wreed op hulle plaas vermoor.

Is daar hoop?

Voordat ons onsself kan kry, praat ons saam oor die hopelose situasie in ons land en ons wêreld. Ons praat saam met die doemprofete wat sê daar is nie hoop nie.

‘n Vraag wat ek en jy onsself moet afvra is: wie is God vir my?

Glo ek dat Hy die een is wat my wanhoop in hoop kan verander? Glo ek dat hy alles kan verander?

Om hoop te verloor is ‘n mosie van wantroue in God.

Ons moet met ons kommer, twyfel en ons hopeloosheid na God toe gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button