BlogsOpinion

RUSPLEKKE EN RIGTINGWYSERS: God se ligstreep gee hoop

'n Kunstenaar het 'n toneel geskilder en dit was skemerdonker in dié skildery. Daar was 'n somber ou huis wat gelyk het of dit leeg staan.

‘n Kunstenaar het ‘n toneel geskilder en dit was skemerdonker in dié skildery. Daar was ‘n somber ou huis wat gelyk het of dit leeg staan.

Toe neem die skilder ‘n verf-kwas en met ‘n enkele streep geel verf, verf hy ‘n straal lig wat vanuit een van die vensters van die huis kom.

Skielik verander die hele skildery. Die somber toneel kry lewe. Met een geel streep word die huis ‘n tuiste.

In Bethlehem het die Groot Kunstenaar ‘n ligstraal, sy Seun, geverf en Hy het verander alles.

Sien jy nie die Lig nie? Het jy hoop verloor? Dreig die lewe om jou plat te slaan? Sien jy nie ‘n toekoms vir hierdie land nie en word jy meegesleur deur die sterk stroom wat beweer dat daar geen hoop is nie?

Glo jy dat God se teenwoordigheid alles kan verander?

Om op God te hoop is om te glo dat God iets sinvols kan maak uit dit wat vir ons nie meer sin maak nie. Om op God te hoop is om te glo dat God alles ten goede laat meewerk (Romeine 8:28).

Om op God te hoop is om te glo dat God orde uit chaos kan skep (Genesis 1:1-2).

Om te sê dat ‘n situasie hopeloos is, is om, soos Agas nie te glo dat God Juda se situasie kan beredder nie (Jesaja 7:1-14).

Om te sê dat ‘n situasie hopeloos is en om jou oor te gee aan wanhoop, is om die deur in God se gesig toe te slaan sê Charles Allen.

God is met ons op pad na ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.

Hoop is aansteeklik, maar wanhoop ongelukkig ook. Wees die lig wat die vaalheid en die somberheid van die lewe soos die kunstenaar se ligstreep lig maak.

Dalk vra jy: is daar hoop? Is daar hoop vir ons land? Is daar hoop vir die politiek, die ekonomie en die omgewing? Of is alles net een lang afdraande sonder brieke?

Daar is hoop. Ons hoop lê nie in onsself of in presidente, konings of kanseliers nie.

Ons hoop lê nie primêr in die politiek, ekonomie of demokrasie nie. Ons hoop lê nie in kernwa-pens en nuwe strukture nie.

Ons hoop lê in Hom wat ons regdeur ons geskiedenis nog nooit gelos het nie. God is steeds met ons.

Mag dit deur jou gedagtes bly eggo as jy hoop verloor het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button