Meraai vannie Kaai skrywe: Wanneer jou boude geblacklist is
Toe ek dan nog 'n tjênd was het my Ouma altyd gesê: "Meraai, you listen to me en you listen well: As iemand jou spyskys steel… of jou Pritt.. dan is dit fine, maar moenie lat hulle nog van jou vattie, want later word dit soe baie dat jy genuine parts van jouseself verloor."
Toe ek dan nog ‘n tjênd was het my Ouma altyd gesê: “Meraai, you listen to me en you listen well: As iemand jou spyskys steel… of jou Pritt.. dan is dit fine, maar moenie lat hulle nog van jou vattie, want later word dit soe baie dat jy genuine parts van jouseself verloor.”
Dis mos hoekom ek so bedonnit was toe ek lees lat klomp van my tjomme some time ago ingeloep is deur ‘n skêmmer. In die koe-rante nogal!
Hulle het mos innie koerante geskrywe lat jy kan sommer R1 000 tot R250 000 kan kry op ‘n loan. Same day payout. Al issue is mos lat, wanner jy klaar 10% vannie loan gepay het die om anties wat innie bank werk te betaal vir assistance, dan hoor jy nooit weer van Mr Mark en sy tjomme nie.
Vandag wil ek nou net die volgende paar tips share om te keer lat jy jou geld so sonner rede kwytraak:
Enige man wat vir jou geld vra vir skuld voorie tyd is sleg, neva mind 10% vannie loan voorie tyd. Enige man wat vir jou sê om kastig geld te betaal virrie papers is sleg. Enige man wat vi jou probeer vertel lattie geld virrie bank-anties is, is nog slegter. Dis waarvoor rente en die bankanties se salarisse mos da is.
As jy ge-blacklist is, is jy ge-blacklist. Dan issit nou mar so. Enigeen wat dan vi jou lyf wat nie Jet se account kan settle nie wil R250 000 leen, is onnosel. En as jy dink dis nie so nie, is jy onnosel.
As jy nou so praat mettie mens wat jou blacklisted boude sommer oorie foun ‘n vet loan met ‘n same day payout gaan gee, hoor wa jy die geld kan kom kry, CASH, voor jy die tsotsies details online beginne gee en bankstate mail, vestaan jy?
As jy nou mettie mense praat oppie foun ennit klink asof da net klomp West African, American of Indian poppetjies oppie foun is in die background, issit tyd om te maak of jy onnosel is. Begin Wing La Fo Ching praat of Jaloersbokkie sing tot hulle die foun neersit. Dit sal lank vat, die boewe wil jou geld steel en sal lank luister na jouse gesingery. En as hulle die foun neersit, dan bel jy weer om die second verse te sing net om te wys presies watse TIEF jy is. Repeat tot jou airtime kla is.
Hou dan op om soos ‘n te kat innie sukke tyd te sing. Sit die foun neer en bel die poe-lieste, of gan kla by daai koerante.
Nou staanie ding so, as jy nog toelaat lattie online, same day payout boef jou nou nog vang, dan verdien die boef jou hard earned dollars.
*Meraai is gebore oppie Cape Flats in 1978, en maak haar stem gereeld dik in die plaaslike koerante met ‘n brief aan die redakteur. Sy het in 2008 by haar ouers in Tzaneen kom kuier vir ‘n naweek na haar landlord haar uitgeskop het vir kastige domestic violence and disturbance. In 2013 het Meraai se ouers haar ook uit die huis uitgesmyt na sy een naweek vir dronk op straat gearresteer is en in die tronk moes slaap. Die polieste het haar immers weer terug by haar ouers se huis kom aflaai na Meraai haar gunsteling song, ‘Jaloersbokkie’, vir vyf ure aaneen gesing het. Na die onderonsie bly Meraai by haar broer in Polokwane; Here, help hom.
