Opinion

Hoe lank moet jou foon hou

Selfone is nie meer net tegnologiese kommunikasie-toestelle nie, maar met al die veelvuldige funksies wat vandag se fone kan baasraak kan 'n mens deesdae wêreldwyd en oombliklik in verbinding tree deur die internet.

POLOKWANE – Selfone is nie meer net tegnologiese kommunikasie-toestelle nie, maar met al die veelvuldige funksies wat vandag se fone kan baasraak kan ‘n mens deesdae wêreldwyd en oombliklik in verbinding tree deur die internet.

Maar hoe lank verwag mense moet ‘n selfoon se lewensduur wees voordat dit vervang moet word? Review het met ‘n paar inwoners gaan gesels om hul menings te hoor.

Amanda Venter sê alhoewel sy opgradeer volgens haar selfoonkontrak, hou sy haar ou selfone in geval van nood of as ‘n nuwe foon nie wil werk nie. Sy voel ‘n selfoon moet ten minste ses jaar hou.

“Ek ruil my selfoon in wanneer ek my kontrak hernu, so ek gebruik nie ‘n foon vir sy hele leeftyd nie. Ek voel egter dat battery van selfone nie so betroubaar is nie en die leeftyd van batterye kan verseker verleng word. Ek gebruik my selfoon om te bel en soms om op die internet te gaan. Die selfoon opvangs in die provinsie kan verbeter word. As die fone se tegnologie so vinnig ontwikkel, is ek seker die opvangs kan ook opgegradeer word”, sê Pierre Coetzee.

Mandie ten Hove sê sy het haar huidige selfoon nou sowat twee jaar, maar haar vorige foon het byna vyf jaar lank gehou. Al wat vir haar belangrik is, is dat haar foon moet werk wanneer sy dit nodig het.

Volgens Zal-Mari de Jager is ‘n selfoon se batteryleeftyd belangrik, want ‘n mens kan niks met ‘n foon doen as die battery pap is nie. Sy dink ‘n battery moet sowat twee na drie jaar kan hou voordat dit die gees gee.

Petrich Brits se mening is dat selfone ten minste vyf jaar moet hou voordat dit heeltemal die gees gee. Hy sê selfone, veral met veelvuldige funksies, is beslis nie goedkoop nie en daarom verwag hy dat dié soort fone ‘n langer leeftydperk moet hê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button