BlogsOpinion

UITGESPROKE: Spelling bly maar ‘n groot kwelling

Mense se spelling, of eerder hulle swak spelling, dryf my tot raserny.

Mense se spelling, of eerder hulle swak spelling, dryf my tot raserny.

Ek weet ek spel ook nie altyd reg en perfek nie, maar ek probeer so hard as moontlik om tog reg te spel. Ek lees weer deur my boodskap na ek hom geskryf het en ek dink mooi wie my leser is.

So sit ek en ‘n skoolhoof van ‘n bekende skool in die stad en gesels en hy vertel my dat hulle by die skool agterkom dat hoe minder leerders lees, hoe swakker is hul spelling en ook hul skoolwerk.

Volgens hom sukkel leerders om te leer en eksamens af te lê juis omdat hulle nie kan spel nie.

Maar dit is nie net by kinders wat dié pro-bleem voorkom nie, dis ook ‘n probleem vir baie volwassenes.

Ek is deel van verskeie Facebook-groepbladsye waar mense kan kommentaar lewer. Die spelling van party van die inskrywings is om van siek te word. Algemene woorde soos “dit” en “want” word verkeerd gespel en mense gee doodeenvoudig nie om oor hulle spelling nie.

Kan ‘n mens nie goeie spelling koppel aan professionaliteit nie?

‘n Besigheidsvrou in die stad vertel my ook dat sy gereeld CV’s kry wat deurspek is met spelfoute. Of die aansoeker gebruik SMS-taal en afkortings vir professionele kommunikasie.

‘n Mens praat tog anders met jou vriend as wat jy met ‘n kollega praat of met iemand in ‘n hoër posisie as jy.

Hoekom dan nie ook wanneer jy per SMS, e-pos of brief met hul kommunikeer nie?

Het Suid-Afrikaners nie meer ‘n trots vir hul taal nie?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button