Die melankolie van voorspoed (geluk)
Vrolikheid, vreugde, ekstase, vrede, goeie kontantvloei, en nog baie meer. "If you wanna be happy for the rest of your life, never make a pretty woman your wife, so from my personal point of view, get an ugly girl to marry you," is Jimmy Soul se persoonlike raad.
Geluk het baie name.
Vrolikheid, vreugde, ekstase, vrede, goeie kontantvloei, en nog baie meer. “If you wanna be happy for the rest of your life, never make a pretty woman your wife, so from my personal point of view, get an ugly girl to marry you,” is Jimmy Soul se persoonlike raad.
Don’t worry, be happy, sing Bobby McFerrin en Bob Marley.
Almal soek na geluk. Ons soek op verskillende plekke, maar een ding het ons almal in gemeen, ons wil almal gelukkig wees. Deur die eeue heen soek mense na sin en geluk in die lewe. Daarom begin Jesus se eerste preek (Matteus 5) met hoe ons moet lewe om werklik gelukkig en geseënd te wees.
Vir jou en my mag dit lyk asof die ongelukkigste mense die is met min goed, min geld, die sonder ‘n mooi voorkoms, mense sonder mag en status. Die samelewing waarin ons woon wil ons laat glo dat die vermeerdering van besittings, nog ‘n eiendom, die nuwe mode of ‘n groter model ons gelukkig sal maak. Hulle wil jou wysmaak dat jy jou lewe moet volmaak met besittings, status en mag.
Baie mans glo dat die man wat sterf met die meeste geroeste speelgoed in sy motorhuis, die wenner is. Dit bepaal my waarde en dat sal my gelukkig maak. Jy jaag na dit wat jy glo, vir jou geluk gaan bring, maar as jy daar kom, dan is daar niks nie! Al wat oorbly is ‘n ‘Horror vacui’, afskuwelike leë plek. Die beloofde geluk bly weg.
Die beroemde Franse filosoof Alexis de Tocqueville noem dit die melankolie van voorspoed. Dis asof daar ‘n melankolie, ‘n diep, onbeskryflike hartseer posvat by die wat baie het. Hoekom? Oor die onvermoë van welvaart en oorvloed om blydskap te verseker. Te midde van oorvloed en welvaart bly ons rusteloos en soekend. Ons bly aan die jaag, want die beloofde geluk bly uit. Ons het beperkte tyd tot ons beskikking om daardie nuwe geluk te soek, te gryp en te geniet, maar soos die spreekwoordelike wortel bly dit my ontwyk. Die naderende dood vul my met angs en vrees. Sê nou net ek sterf en ek het nie geluk gevind nie.
Ek is van die oortuiging dat heeltemal te veel mense soek na geluk, maar dit nie kry nie, bloot omdat hulle op die verkeerde plekke daarna soek.
Volgende week meer hieroor.
