BlogsOpinion

TE MIDDE VAN: Om ‘n regte egte ‘pjinses’ te kan wees

Toe ek jonger was, wou ek graag 'n ballerina of 'n feetjie wees. Ek het nooit gedink om 'n prinses te wees nie. Prinsesse was Engelse brats of storieboek-karakters wat in vreemde lande woon.

Toe ek jonger was, wou ek graag ‘n ballerina of ‘n feetjie wees. Ek het nooit gedink om ‘n prinses te wees nie. Prinsesse was Engelse brats of storieboek-karakters wat in vreemde lande woon.

Maar ek het pas besef: ek moes dalk gewens het om ‘n prinses te wees. Dis nou nie ‘n prinses soos Diana wat nagmerries van perdegesigte moes gehad het en vir kameras moes gevlug het nie.

Nee, ek wil ‘n prinses wees soos my vriendin se dogtertjie – pragtig en oulik en vreeslik slim en hoort in ‘n paleis!

Nadat ek huis en haard gestof, gevee, dele geverf, manne opgeruk het om doen-dit-self-verbeterings te probeer aanbring; siwwe geskrop, matte gesjampoe en die beste linne en handdoeke uit die dogters se trousseau kis gegrawe, kinders die dood voor die oë gesweer het, was ek verras. Die eerste gesprek wat my tieners met my vriendin het na hul aankoms, is hoe streng ek is: “Geen koeldrank voor ontbyt nie!; “Geen kaffeiene voor die ouderdom van 12 nie, Coca-Cola ingesluit”; “Geen tantrums enige tyd nie!”; “Geen lekkers of enigiets wat enigsins na pret lyk nie!”

Ek besluit dadelik ek is duidelik die grootste heks hierdie kant van die Limpopo!

Ek wil eintlik ‘n prinses wees! Want elke ma, elke vrou, wil soms iets meer wees:

• Ek wil my eie figuur kies! Dit beteken nie dat ek anoreksies wil lyk nie – ek wil net 20kg ligter wees as nou en darem in sulke proporsies dat my man my in die donker kan herken!

• Ek wil donkerblonde hare hê met natuurlike sonstrepe (wat niemand as grys kan misgis nie), wat of reguit is of krul, net soos ek die dag voel!

• Ek wil graag in enigiets wat mooi is, pas. Dit moet nou modes wees wat iewers tussen my en my tieners se smake inpas.

• Ek wil enigiets eet sonder om ‘n gram op te tel: roomkoeke, sjokolades, die nuutste Lindor-eksperimente, eclairs, cup cakes; Koeke, terte, croissants, kaas en hambroodjies en enigiets wat gerooster is.

• Ek wil dienaars tot my beskikking hê, wat, sonder dat ek vra alle wasgoed hanteer, opvou, herstel en in die regte kaste terugpak.

• ‘n Klerekas wat homself aanvul, net as ek nie lus het vir shop nie.

• Ek wil fiks wees sonder om te veel te sweet, sodat ek op my vosperd kan galop, of gaan bergklim om watervalle ontdek of op pelgrimstogte deur Europa wil gaan.

• Ek wil, soos Jeanne Goosen sê, Mooi en misterieus wees, alles gelyk!

Ek besef nou: eindelik: ek is ‘n prinses in die vermomming van ‘n heks. Niemand het my ooit goed verstaan nie! so, iss jy ook ‘n “pjinses”?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button