Opinion

Jongspan sê wie is die kwaaiste tuis

Om kinders te dissiplineer is nie aldag 'n maklike taak nie.

POLOKWANE – Om kinders te dissiplineer is nie aldag ‘n maklike taak nie.

Hoe kinders dissipline tuis ervaar is egter ‘n interessante kwessie.

Review het met die jongspan van Erika Kleuterskool gesels om uit te vind watter een van hul ouers tuis die kwaaiste is.

Markus Nel van die Eendjie-klas sê dat dit nie sy ma of sy pa die kwaaiste is in hul huis nie.

“My grootste boetie is die kwaaiste, hy tackle my op die bank en dan gaan sê ek vir my ma,” verduidelik Markus.

Hy sê dat sy ma nie kwaai is met hom nie, net met sy boetie, maar dat sy pa partykeer met hom kwaai is.

Viané Joubert van die Beertjie-klas se haar ma is die kwaaiste.

“Sy raas met my wanneer ek stout is. Pappa is ook kwaai as ek stout is, maar hy is partykeer gaaf ook,” vertel Viané.

Shanél Cilliers van die Olifant-klas sê dat haar ma én pa kwaai is.

“Ek is stout en hulle raas met my want ek mag nie doen net wat ek wil nie,” se sy.

Muné Lessing van die Olifant-klas sê dat haar ma en pa nie kwaai is met haar nie, want sy is ‘n soet kind.

“Hulle is met niemand kwaai nie en ook nie met my nie,” sê Muné.

Carla Horn van die Olifant-klas sê sy is ook baie soet en haar ma en pa baklei glad nie met haar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button