BlogsOpinion

Christene het ‘n verantwoordelikheid

As mense is ons besig om die aarde se drakrag totaal te oorskry.

As mense is ons besig om die aarde se drakrag totaal te oorskry.

As almal op aarde soos ons sou lewe, sou ons ongeveer 2½ aardes nodig hê. Ons onblusbare lus na meer, beter, groter en luukser is besig om die aarde te vernietig.

Baie gelowiges is besig om soos Judas dissipelskap vir geld en goed te ruil. Is die brose sukkelende ekonomie wêreldwyd die eerste tekens van ‘n planeet wat swig onder menslike vergrype?

Tans is aardverwarming die grootste ekologiese krisis. Die vrystel van koolstofdioksied styg steeds wêreldwyd. Die aarde se biosfeer (water, lug, plante en grond) is in staat om twee ton koolstofdioksied per persoon, per jaar, te absorbeer.

Tans is die gemiddelde uitset 4,5 ton per persoon per jaar. In ons eie land, is dit 9,8 ton en in die VSA is dit 20,6 ton.

Dit is nie volhoubaar nie en niks anders as stadige selfmoord nie.

“The crisis is not first and foremost as ecological crisis. The fundamental difficulty lies not outside but inside ourselves, not in the ecosystem, but in the human heart,” sê Timothy Ware.

Die probleem lê in die harte van mense. Nou, meer as ooit, het ons nuwe harte nodig.

Toe Mohandas Gandhi Indië tot onafhanklikheid gelei het, het ‘n joernalis aan hom gevra: “Gaan Indië nou dieselfde lewensstandaard as Engeland handhaaf?” Gandhi het geantwoord: “Wel, Brittanje het die helfte van die hulpbronne van die planeet nodig gehad om hulle lewensstandaard te bereik. Hoeveel planete sal ‘n land soos Indië nodig hê?”

Kan godsdiens help om die aarde te red? Kom ek stel dit sterker. Moet godsdiens help om die aarde te red?

Het ons ‘n verantwoordelikheid teenoor die omgewing? Is dit nie die kerk se hoofbesigheid om siele te red nie? Wat van ander dringende sake soos armoede, werkloosheid, misdaad en korrupsie?

My lewe as Christen gaan oor meer as net die herstel van mense se verhouding met God.

My Christenskap raak elke ander verhouding waarbinne ek staan met ander (selfs my vyande – Mat. 5:44 en Luk 6:27), met myself, met my omgewing.

In ‘n tyd wat die aarde swig onder ons uitbuiting en besoedeling, word ons gedwing om alles moontlik te doen om die aarde te red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button