BlogsOpinion

Slegs 750ml water per motor om Moeder Aarde se las te verlig

"EK stel voor dat ons al ons motors, sowat 550 000 eenhede elke jaar, met feitlik géén water probeer was. Ek stel boonop voor dat elke motor in minder as 30 minute gewas moet word."

“EK stel voor dat ons al ons motors, sowat 550 000 eenhede elke jaar, met feitlik géén water probeer was. Ek stel boonop voor dat elke motor in minder as 30 minute gewas moet word.”

Dit is die uitdaging wat Combined Motor Holdings (CMH) se uitvoerende hoof, Jebb McIntosh, aan sy topbestuur gestel het.

Ten tye van hierdie gesprek was die voertuigwasareas van al CMH se handelaars en die nasionale netwerk van First Car Rental-takke swaar gebruikers van water en elektrisiteit.

McIntosh het die uitdaging aan die bestuur gestel ndat hy ‘n persoonlike studie gedoen het van die omgewingsimpak van al CMH se wasareas.

Die span van CMH het McIntosh se uitdaging aanvaar en vandag is die CMH Green Machine ‘n welkome toevoeging tot wasareas regoor Suid-Afrika, Namibië, Botswana, die Verenigde Arabiese Emirate en selfs die VS.

Die CMH Green Machine gebruik slegs 750ml water per was en dit slegs om die lappe mee uit te spoel, wat omskakel in ‘n besparing van 199 liter water per voertuig of meer as 100 miljoen liter se drinkwater per jaar.

Die CMH Green Machine is ‘n kompakte alles-in-een wasareastelsel wat ‘n spesiale tipe organiese spuitstelsel met ‘n laedruk op die voertuig spuit.

Die Green Machine lig enige stof of vuilheid van die voertuig se oppervlak af en die voertuigwasser kan dan die vuilheid met ‘n mikroveseldoek afvee. Die doek word ge-reeld uitgespoel.

Die spesiale was, wasdoeke, wiel en venster-wasmiddel en ‘n industriële stofsuier is alles in ‘n kompakte trollie ingebou wat klein genoeg is om tussen geparkeerde voertuie in te beweeg.

“Met die ontwerp van die stelsel het ons die besparing in water en elektrisiteit bereken en selfs gedink aan die besparing in toerusting, aangesien die handelaar sy hoëdruk-spuitstelsel kan verwyder en die omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels nie duur filters in die dreine vereis nie.

“Ons het boonop uitgewerk hoeveel skoonmaakmiddel hulle kan spaar, maar selfs hierna het die gebruikers ons verras met die unieke maniere waarop hul die stelsel gebruik,” sê Steve McCulloch, hoofbe-stuurder van CMH Green Machine.

As voorbeeld noem McCulloch hoe een van die handelaars sy ou wasareas in ekstra diensareas omskep het, aangesien sy skoonmaakspan die voertuie kon was waar hul gestaan het om gediens te word.

Enige onderneming of handelaar kan die CMH Green Machine koop of huur. Die laasgenoemde opsie sluit ook opleiding en die versiening in.

In een geval het Kempster Auto in die Bluff in KwaZulu-Natal sowat R6 000 op hul water- en elektrisiteitsrekening gespaar deur die CMH Green Machine te gebruik.

Met hierdie besparing kon hulle vir twee masjiene betaal.

“Ek besef nou dat ons grootste prestasie is nie die kostebesparing nie, maar wel die feit dat hierdie omgewingsvriendelike stelsel nuwe geleenthede skep vir entrepreneurs om klein ondernemings op te rig om voertuie te was by hotelle, winkelsentrums en groot maatskappy-kantore. Ons is baie trots hierop,” sê McCulloch.

McCulloch en sy span is besig om hul netwerk uit te brei om ook ander produkte aan hul kliënte te verskaf.

Die belangstelling in lande soos Namibië en die Emirate het boonop aan hierdie eg Suid-Afrikaanse uitvindsel ‘n internasionale kopersmark gegee.

“Daar is ‘n groot behoefte aan innoverende produkte soos die CMH Green Machine in lande met ‘n watertekort en dit bied ons ‘n groot geleentheid om ons produkte uit te voer.

“Hierbenewens het ons reeds ‘n nasio-nale verspreidingsnetwerk in Suid-Afrika op die been gebring en kan ons dit nou gebruik om ander produkte, byvoorbeeld soos skryfbehoeftes en kantoor-toerusting, teen bekostigbare pryse aan ons kliënte te lewer,” sê McCulloch.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button