BlogsOpinion

Risiko: Hoeveel wil ek waag?

WANNEER dit kom by beleggings, is daar in die algemeen 'n hele klompie faktore wat die plan of produk beïnvloed. Dit sluit in faktore soos die termyn van die belegging, hoe toegangklik is die kapitaal, hoe hoog is die risiko, wat is die verwagte opbrengs en hoe gemaklik kan die belegging geadministreer word.

WANNEER dit kom by beleggings, is daar in die algemeen ‘n hele klompie faktore wat die plan of produk beïnvloed. Dit sluit in faktore soos die termyn van die belegging, hoe toegangklik is die kapitaal, hoe hoog is die risiko, wat is die verwagte opbrengs en hoe gemaklik kan die belegging geadministreer word.

Vandag wil ons spesifiek gesels oor die risikos wat betrokke kan wees wanneer ek my geld belê. Is dit bv. lae of hoë risiko belegging, hoeveel kan ek of wil ek waag en tot watter mate laat my omstandighede dit toe?

Eerstens moet mens vra : hoe lyk my persoonlike risikoprofiel? Dit sluit in veral die aptyt wat ek vir die neem van risiko’s in die algemeen het, maar veral my aptyt tot finansiële risiko’s. Is ek iemand wat graag skuld maak, dobbel of in aandele en privaat besigheid belê? Of wil ek alles waag?

Tweedens speel omstandighede ‘n rol by die bepaling van risiko. Ek noem dit sommer ‘n mens se omstandigheids-risikoprofiel. Hier praat mens van faktore wat ‘n rol speel op die tydstip wanneer jy ‘n belegging gaan maak, welke faktore spesifiek verwys na my persoonlike omstandighede waarin ek myself op daardie stadium vind. Dit sal goed insluit soos my inkomstebehoeftes (my netto inkomste na belasting wat ek nodig het om my maandelikse begroting te laat klop), my gesinstruktuur en behoeftes (is daar kinders wat studeer of sien ek om na mense wat medies ongeskik is en van my afhanklik is), my gesondheid, kapitaalbehoeftes soos bv. ‘n nuwe motor wat aangeskaf moet word, uitstaande skuld en ouderdom. Hoe jonger ‘n mens by jou aftrede is, hoe langer moet jy voorsien en hoe groter beleggingsrisiko’s sal jy moet neem.

In die derde instansie gaan die beleggings-instrument wat ek kies ‘n belangrike rol speel wat risiko betref. Kom ons noem dit sommer die produk-risikoprofiel. Natuurlik is die keuse van ‘n produk die heel laaste ding wat gedoen moet word wanneer ‘n mens ‘n volledige beleggingsplan opstel. Daar is produkte wat aan ‘n bepaalde termyn gekoppel word soos uitkeerpolisse en uittree annuiteite. Daar is ook produkte waarin jy vandag jou geld kan belê en môre weer alles kan onttrek as jy wil. Hier dink ons aan spaarbank deposito’s, effektetrusts en aandele. Die vraag gaan telkens wees : Wat is vir my die beste produk gegewe my persoonlike risikoprofiel asook my omstandigheids-risikoprofiel. Die antwoord op hierdie twee vrae gaan in ‘n groot mate bepaal welke produk of produkte (beleggings-instrumente) my die beste gaan pas.

Vriendelike groete tot volgende keer,

Koos

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by (015) 491 2020/082 881 4672 of psgk@mweb.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button