BlogsOpinion

Gebruik dié lys in jou jaar se oorsig

Koos de Wet - Kollig

Dit is baie keer in mens se lewe ‘n goeie ding om te reflekteer oor die dinge wat nou reeds agter jou lê.

Veral ook wat mens se persoonlike finansies betref. Is jou doelwitte bereik? Waar het dinge skeef geloop? Wat het uitgewerk?

Daar is die afgelope jaar oor verskeie aspekte wat persoonlike finansies raak in hier-die kolom geskryf. Ek het gepoog om oor eenvoudige elementêre aspekte en ook meer tegniese sake te skryf om so wyd as moontlik pitkos te gee vir alle lesers.

Wanneer ons deur die onderwerpe wat hierin hanteer is blaai, kan dit maklik ‘n soort notule wees (of dalk ‘n agenda) om te kyk aan watter sake het jy aandagaan gegee en waaraan nie.

Daarom het ek gereken deur na daardie aspekte kortliks hier, aan die einde van die jaar, na te verwys, ‘n goeie kontrolelys kan wees vir almal van ons.

Ek doen dit graag aan die hand van ‘n paar vrae:

• Het my besigheid (vennootskap, maatskappy, BK) ‘n “testament”? Wat gebeur met my belange as ek ongeskik raak of te sterwe kom?

• Spaar ek genoeg vir my aftrede? Maak ek gebruik van die belasting effektiewe toegewings? Het ek my aftreeplan hersien?

• Hoe het my beleggings gevaar? Het ek dit hersien en alle moontlike opsies oorweeg? Is al my kontant in die bank die regte ding?

• Het ek my korttermynversekeringspolis(se) op my voertuie, huis en huisinhoud en waar toepaslik, op my besigheid hersien?

• Voldoen my mediese fonds nog aan al my verwagtinge?

• Is my belastingsake reg? Hoe kan ek nog belasting bespaar?

• Voorsien ek genoeg vir toekomstige studiekoste?

• Het ek dekking as ek skielik met ‘n ernstige siekte gediagnoseer word of bv. ‘n hartaanval of beroerte kry?

Dit is nogal ‘n mondvol, maar baie goed om bietjie introspeksie te doen.

Hier was voorwaar ‘n paar vrae waaraan ek persoonlik ook nog aandag sal moet gee; ‘n soort wekroep. Geseënde Kersfees, tot volgende jaar.

Groetnis, Koos

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by (015) 491 2020 of 082 881 4672 of stuur ‘n e-pos na psgk@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button