BlogsOpinion

10 Redes vir voorspoed in 2015

Koos de Wet is 'n finansiële beplanner

MOKOPANE – EK het in ‘n onlangse mediabron (Bloomberg) nogal interessante redes gevind waarom ons darem in ‘n groot mate positief kan wees oor die jaar wat voorlê:

Laer olieprys – dit sal besteding aanhelp en die wêreld se bruto binnelandse produk met 0.7% laat styg.

Sentrale Banke – Reserwe banke of sentrale banke is wêreldwyd wakker en neem korrekte opsies, soos Japan byvoorbeeld, wat effekte koop, China verlaag rentekoerse, Amerika verhoog sy basiskoers vir die eerste keer sedert 2006 en ander ontwikkelende lande volg China se voorbeeld om koerse te verlaag.

Amerika groei – Arbeidsmark verbeter en brandstofpryse daal, bouvertroue styg, werkloosheid bly laag en vervaardiging versnel. Ekonome voorspel ‘n 3% groei.

Eurogebied – Regerings blyk besnoeiings maatreëls te volg en die swakker Euro bevorder uitvoere.

Finansiële markte – behoort wêreldwyd sterk te bly. In 2013 het markte met 24% gestyg en in 2014 reeds 6% daarop gegroei.

Banke is bereid om te leen – die vraag na kontant neem toe. Uitleenstandaarde is naby 2006 se vlakke.

Loongroei versnel – Duitsland, VSA, Japan en Brittanje is voorbeelde hiervan. Dit wakker verbruikersvraag aan en sal ekonomieë stimuleer.

Fiskale beleid verslap – Stimuluspakette aan besigheid is aan die orde van die dag waarvan Amerika en Japan goeie voorbeelde is.

Die dollar is sterker – Miskien slegte nuus vir lande soos Suid-Afrika wat ‘n dollar moet leen, maar dit moedig invoere deur Amerika aan waarby ons weer kan baat.

Hoop vir ontluikende lande (soos Suid-Afrika) – Hoewel groei in China, Rusland en Brasilië stadiger is, help die laer olieprys onder andere vir Suid-Korea, Indie en Turkye. Bill Street (‘n Beleggingshoof) sê beleggers moet onthou “reformers are performers”. Volgens hom is dit tyd om in ontwikkelende lande te belê. Hy noem veral Indië en Indonesië. Maar Afrika is veral ook die kontinent waar groei verwag word. Hoe dit ookal sy, die ekonomie bly ‘n vloeibare besigheid. Bogemelde ligpunte, alhoewel internasionaal van aard, hou die aardbol besig en ons is onlosmaaklik deel daarvan, ten spyte van ons plaaslike politieke toneel.

Tot volgende keer.

Groetnis,

Koos

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by (015) 491 2020 / 082 881 4672 of psgk@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button