BlogsOpinion

Die dag toe ek gewens het ek was bejaard

Aan die begin van die jaar besef ek met ‘n skok my bestuurderslisensie moet hernu word en vinnig ook, anders verval dit. So staan ek toe in die ry by die miesiepaal se kantoor vir lisensies van 07:00 af. Ek het gedink dis vroeg genoeg, maar die ry trek al amper verby die gebou se …

Aan die begin van die jaar besef ek met ‘n skok my bestuurderslisensie moet hernu word en vinnig ook, anders verval dit.

So staan ek toe in die ry by die miesiepaal se kantoor vir lisensies van 07:00 af.

Ek het gedink dis vroeg genoeg, maar die ry trek al amper verby die gebou se eindpunt.

Dis half moeilik: na 10 minute begin my knieg half ongemaklik voel van die staan en my rug begin na 20 minute saamgesels. Na 25 minute hoor ek hulle aanvaar slegs kontant by die kassiere, nie kaarte nie. My voete pyn ook al nou.

Gelukkig help dit dat party mense my ken en iemand bied aan om vir my geld te leen. Die mense is vriendelik in die ry en sal my plek hou terwyl ek die geld gaan haal by die persoon se motor. So ook toe ek bietjie later ‘n afskrif van my ID dokument by die kantoor gaan maak, gelukkig is dit naby. Maar die mense is vriendelik en hou my plek.

Mense hou ook plek vir ander mense wat voor my inskuif, sien ek ‘n bietjie krapperig. Die mense was vir seker nie daar om 07:00 nie.

Om 08:00 gaan die deure oop, die mense word verdeel in twee rye en word ek toe nommer 20 in die ry van die mense wat hulle lisensies moet kom hernu.

Ek skuif stoeltjie vir stoeltjie nader in die wagkamer. Soms is die wagtydtussenposes tussen aanskuif langer, heelwat langer.

Ek skuif later oor na die volgende wagplekkie by die stoele voor by die oogtoetsers.

Mense van agter in die ry word af en toe voor ingeskuif en daar word verduidelik dat dit bejaardes is en dat hulle voorkeur kry. Nog ander word ingeskuif en daar word verduidelik dat hulle die dag vantevore daar was maar dat die lyn ‘n “cut-off” gehad het en hulle reeds gister in die tou was, so hulle moet nou eerste gehelp word.

Ek begin dink oor die voordele van bejaard wees.

Toe ek vierde van voor af is is daar weer ‘n paar bejaardes wat voor my ingeskuif word.

Dit pla my nie; ek respekteer ouderdom. Maar ook iemand wat baie bekend lyk van vroeër die oggend word voor my ingeskuif. Jonk.

Ek sien so skuinsweg haar nommer was 58. En ek weet dit was vroeër vanoggend, nie gister nie. Maar sy is nou voor my.

En ek begin wens ek was al bejaard, ‘n pensioenaris. Dan was ek nou voor haar.

Eindelik is die oogtoets klaar. Nou is ek omtrent twintigste in die ry om die kassier te betaal.

Half twaalf is ek klaar.Toe ek uiteindelik uitstap is ek tog maar bly ek is nog nie ‘n pensioenaris nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button