LettersOpinion

‘n 2de kans op lewe vir Carolyn

"Ek het 'n tweede kans op die lewe, danksy dr. André Rossouw," sê Carolyn Neethling van die plaas Midway Fruits.

“Ek het ‘n tweede kans op die lewe, danksy dr. André Rossouw,” sê Carolyn Neethling van die plaas Midway Fruits.

Carolyn is in Oktober gediagnoseer met borskanker nadat dr. Rossouw knoppe in haar bors ontdek het en haar dadelik na ‘n radioloog gestuur het vir verdere toetse. Dr. Gert van der Merwe, chirurg by Mediclinic in Tzaneen, het die operasie met groot sukses uitgevoer.

“Ek is nou heeltemal kankervry en dit is te danke aan dr. Rossouw en dr. Van der Merwe. En natuurlik die grootste dank aan God! Moenie onmiddellik Pretoria toe hardloop nie, die dokters in die Noorde is baie goed,” sê Carolyn.

Carolyn bedank vir dr. Rossouw dat hy haar kanker so vinnig gediagnoseer het. Sy bedank ook al die mense van Mokopane en haar familie vir al hulle gebede telefoon oproepe,besoeke en vir hulle bystand gedurende hierdie tydperk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button