BlogsOpinion

Jou boedelplan: is uittree-annuïteit of trust die slimmer keuse?

Kollig: Koos de Wet

‘n TRUST het nog altyd sy plek gehad in boedelbeplanning, maar vanweë gunstiger wetgewing rakende Uittree Annuïteite (UA’s) kan myns insiens dalk nog meer met laasgenoemde bereik word.

Beperking van belasting is nie al doel wat met boedelbeplanning bereik moet word nie, maar dit is ‘n belangrike deel daarvan. Trusts word ook al meer onder die loep van ondersoek deur die owerhede gebring. ‘n UA is ‘n boedelbeplanningsinstrument met minder koste, bestuur en toesig as ‘n trust, en ek is van mening dat elke ekonomiese aktiewe belastingbetaler opnuut met nuwe oë daarna behoort te kyk as deel van ‘n boedel en beleggingsplan. Net soos ‘n trust bied ‘n UA beskerming teen skuldeisers en maak dit voorsiening vir die versorging van naasbestaandes. Dit vorm ook deel van meer vererwing opsies vanuit jou boedel.

‘n UA is vrygestel van boedelbelasting, inkomstebelasting, skenkingsbelasting, dividendbelasting en kapitaalwinsbelasting, terwyl dit nie in al hierdie opsigte van ‘n trust gesê kan word nie.

Verder is die bydraes wat jy tot ‘n UA maak aftrekbaar van belasting en die bydraes wat nie afgetrek kan word vir ‘n bepaalde belastingjaar nie, bied dit belastingvrye inkomste by aftrede as deel van jou verpligte uitneem van ‘n annuïteit/ pensioen/ lyfrente.

‘n Trust betaal 40% belasting op rente- en huur-inkomste, 15% op dividende en 26,64% aan kapitaalwinsbelasting soos en wanneer dit ter sprake kom. Verder doen jy met ‘n trust afstand van jou eienaarskap op bates terwyl dit by ‘n UA nie ter sprake is nie.

My raad vandag is dat jy, wat bogemelde betref, die hulp van ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner moet kry, wat verkieslik ook breë ondervinding met boedelbeplanning het. Dit gaan die tyd wat jy hieraan spandeer werd wees en ‘n voordeel tot jou aftreebeplanning voeg.

Groetnis,

 

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Lesers kan hom kontak by (015) 491 2020 / (082) 881 4672 of psgk@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button