BlogsOpinion

Handelinge 2-kerk ontspoor in 4de eeu

IN die vierde eeu ontspoor die kerk. In die vierde eeu gee die kerk haar identiteit as ‘n Handelinge 2-kerk (verse 43-47) prys. Hier verruil sy haar skottel en handdoek vir ‘n septer, kroon en swaard. In plaas daarvan dat sy voete was, was sy koppe. Die kerk het diens verruil vir mag. Net hier …

IN die vierde eeu ontspoor die kerk. In die vierde eeu gee die kerk haar identiteit as ‘n Handelinge 2-kerk (verse 43-47) prys.

Hier verruil sy haar skottel en handdoek vir ‘n septer, kroon en swaard.

In plaas daarvan dat sy voete was, was sy koppe.

Die kerk het diens verruil vir mag. Net hier word dit moeilik, byna onmoontlik, om die gekruisigde Jesus in die kerk te herken.

Dit is al beskryf as die sondeval van die kerk.

Mettertyd het priesters meer na konings gelyk, en tempels en katedrale meer na paleise. Van diens, opoffer en prysgee was daar min sprake.

Hier het die kerk haar kruis verloor. Toe sy haar kruis verloor, het sy die rede vir haar bestaan verloor. Toe sy haar kruis verloor, het die kerk dit wat mense na haar toe aangetrek het, daarmee saam verloor. In die vierde eeu raak God, Jesus en die kruis in die kerk soek.

Die kerk het die spoor byster geraak, en dit was moeilik om God in die kerk te vind, maar gelukkig was God nie klaar met die kerk nie.

Deur die eeue, en ten spyte van mense, het God sy kerk in stand gehou. Sedert die hervorming in die 16de eeu, is die kerk stadig maar seker besig om haar pad terug te vind na haar wortels, na diens, eenvoud, soberheid, opoffering en voete was; terug na die kruis.

Die kerke wat vandag nog groei vertoon dieselfde eienskappe as die Handelinge 2-gemeentes.

Hierdie kerke en gemeentes (geloofsgemeenskappe) het nie noodwendig baie aksies, programme en projekte nie. Daar is nie elke aand ‘n happening nie Dit is bloot gemeenskappe waar mense anders lewe; gemeenskappe van gelowiges waar mense kan tuiskom en waarvan ongelowiges sê: julle het iets wat ons ook wil hê.

Dit is gemeenskappe waar mense wat nog nie glo nie kan behoort, selfs voordat hulle glo. Dit is gemeenskappe waar ons liefde vir mekaar en ander onstuimig oordadig is.

Geloofsgemeenskappe waar mense in lyn lewe met God se wil en plan, gemeenskappe vol “professional lovers”, mans en vroue wat hulle oorgee aan die misterie van die vuur van die Heilige Gees, geloofsgemeenskappe waar ons vir mekaar en ons kinders sorg.

As dit beteken dat ons agter ons alarms, hekke en hoë mure moet uitkom, dan moet ons dit doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button