Sport

Pa en seun neem ovaalbaan oor

Stephan Weideman (40) en sy seun WF (15) neem albei deel aan ovaalbaanwedrenne en maak skoonskip onder die ander deelnemers.

POLOKWANE – Stephan Weideman (40) en sy seun WF (15) neem albei deel aan ovaalbaanwedrenne en maak skoonskip onder die ander deelnemers.

Stephan het met die sport in 2001 begin en WF, wat langs die baan grootgeword het, in 2011.

“Ek was nog altyd mal oor motorsport,” vertel Stephan. Hy het in Port Elizabeth (PE) met die sport begin, waar hy op ‘n grond ovaalbaan gery het, en het in 2002 sy Suid-Afrikaanse nommer, SA3, verower nadat hy derde geëindig het in die Suid-Afrikaanse kampioenskap.

Hy het vir die eerste keer in 2013 op ‘n geteerde baan meegeding, en ook ‘n derde plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskap behaal. Hy het in tweede plek in die Noord Streek geëindig en is as Polokwane Oval se klubkampioen aangewys.

WF maak sy baie trots. In sy eerste jaar wat hy aan die sport deelgeneem het in PE, is hy as klubkampioen aangewys. Hy het ook hierdie jaar vir die eerste keer deelgeneem op ‘n geteerde baan, maar ry rook in die ander van sy klas se oë, en het na ‘n hoër klas, die 1660’s, geskuif.

Na drie wedrenne in die klas het WF derde in die klubkampioenskap geëindig. “Ons moes toestemming van Motorsport Suid-Afrika kry sodat hy in die klas kon ry,” vertel Stephan. Om in die 1660’s klas te ry moet jy 16 jaar of ouer wees.

WF sê die sport is in sy bloed. “My ma het deelgeneem en my suster begin ook volgende jaar deelneem.”

Vir dié pa en seun is die grootste uitdagings van die sport om hulself te verbeter en kalm te bly, ook om te wen en hul doelwitte te behaal.

“Ek wil graag eerste eindig op nasionale vlak en dan eendag Suid-Afrika verteenwoordig in internasionale wedrenne,” vertel Stephan. WF se doelwit is om ‘n SA nommer te verower en ook om klubkampioen te word.

“Die regte voorbereiding op jou kar is baie belangrik. Ek het die heel jaar nie een wedren gemis nie, omdat my voorbereiding reg was,” is raad wat Stephan vir nuwe deelnemers het. WF glo ook dat jy nie te vinnig moet probeer wen nie.

“To finish first you first need to finish.” Dit is waarin Stephan glo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button