Sport

Ryskool het steeds donasies nodig

Chavel Academy Riding for Disabled School is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat kinders se ontwikkelling stimuleer deur perdrykuns.

POLOKWANE – Chavel Academy Riding for Disabled School is ‘n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat kinders se ontwikkelling stimuleer deur perdrykuns.

Vroeg in Desember het die organisasie Review gekontak in die hoop dat iemand hulle kan help om die stalle op te gradeer asook ‘n nuwe ring te bou. Wanneer dit reën, verspoel die stalle en die wind waai snerpend koud deur die perde se slaapplekke. Chavel se bestuur wil laer muurtjies om die stalle bou om die reënwater uit te hou.

Intussen het Chavel se opknappingsprogram begin gestalte kry.

“Die gevangenis het arbeiders aangebied en Wearne Quarry het vir ons klip geskenk,” het Anmar van Dyk, wat op die bestuur van die organisasie is, vertel.

“Ons weet nie regtig of die gevangenis ernstig was oor hul aanbod nie, maar sonder sement kan ons nog nie regtig begin met die verbouings nie,” het sy verduidelik.

Van Dyk het vertel dat hulle intussen drie perde bygekry het om te huisves. Daar is nou agt perde wat gebruik word om terapie aan die leerders van Nuwe Horison Skool te bied.

Die organisasie word deur Van Dyk en Irma Joubert bestuur.

Joubert is ook voorsitter van die beheerraad van die Bella Vista Tehuis. “Die inwoners help ons baie graag met die perde se versor-ging,” sê sy.

Chavel benodig steeds geld en materiale om die opknappings aan te pak.

Enige iemand is welkom om ook besoek af te lê aan die skool en daar is ‘n parkie waar kinders kan speel. Families kan ook daar piekniek hou en perdry.

Vir meer inligting of om Chavel Academy te help, skakel Joubert by 076 510 3960 of Van Dyk by 072 509 8080.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button