Modelvlieg bied gesonde ontspanning
BARRY VILJOEN Lede van die Capricorn Model-vliegtuigklub het Saterdag die geleentheid gebruik om met hul speelgoed te spog en belangstellendes met toertjies te vermaak tydens die klub se byeenkoms wat by die klub se vliegveld langs DieMeerstraat gehou is. Lewensgetroue vastevlerkvliegtuie en helikopters op skaal is langs die aanloopbaan vertoon en asemrowende toertjies is deur …
BARRY VILJOEN
Lede van die Capricorn Model-vliegtuigklub het Saterdag die geleentheid gebruik om met hul speelgoed te spog en belangstellendes met toertjies te vermaak tydens die klub se byeenkoms wat by die klub se vliegveld langs DieMeerstraat gehou is.
Lewensgetroue vastevlerkvliegtuie en helikopters op skaal is langs die aanloopbaan vertoon en asemrowende toertjies is deur bedrewe vlieëniers uitgehaal.
Ingo Hiestermann, voorsitter van die klub, sê dat hy reeds sedert 1991 met ‘n vastevlerk vliegtuig vlieg en dat dit gesonde ontspanning bied. “Modelvlieg is ‘n bekostigbare ge-sinsport en nuwe toetreders kan vir so min as R3 500 begin,” sê hy.
Die klub het sowat 38 aktiewe lede en nuwe lede en belangstellendes word deur gesoute lede touwys gemaak. Volgens Hiestermann is daar nou ook ‘n nuwe variasie op die gevestigde vliegtema, wat as mu-siekvlieg bekendstaan.
Die vliegtuie haal toertjies op die maat van musiek uit.






