Sport

Noordelikes deur na Boet Fick-ligafinaal

BB Truck Noordelikes se drie spanne is almal deur na die finale ronde van die Boet Fick-liga en sal Saterdag op Louis Trichardt Rugbyklub sake uitspook. Noordelikes het Saterdag in die semifinaal wat op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld plaasgevind het, gespeel. Die eerstespan klop Letaba Rugbyklub 28-16 terwyl die tweedespan vir Mankweng Rugbyklub met …

BB Truck Noordelikes se drie spanne is almal deur na die finale ronde van die Boet Fick-liga en sal Saterdag op Louis Trichardt Rugbyklub sake uitspook.
Noordelikes het Saterdag in die semifinaal wat op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld plaasgevind het, gespeel. Die eerstespan klop Letaba Rugbyklub 28-16 terwyl die tweedespan vir Mankweng Rugbyklub met 74-0 oorrompel. Die derdespan van Louis Trichardt kon slegs 5 punte teenoor Noordelikes se 12 aanteken.
Saterdag word groot rugby-aksie verwag wanneer Noordelikes se tweede- en derdespanne in die seniorliga teen Letaba kragte meet. Die eerstespan sal diep moet delf wanneer hulle teen Louis Trichardt te staan kom.
In die reserweliga speel Musina Rugbyklub teen Seshego Rugbyklub op Musina se tuisveld terwyl Pieters-burg Dorp teen die Universiteit van Limpopo (UL) kragte meet. Die wedstryd sou na verwagting gisteraand (Woensdag) op UL se veld plaasgevind het.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Mankweng se skrumskakel, Berto Fourie kry vinnig die bal by die agterlyn.
Mankweng se skrumskakel, Berto Fourie kry vinnig die bal by die agterlyn.

IMG_7823_650x433

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button