Oosskool se prettige gholfdag
Leerkragte, ouers en ondersteuners van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het Vrydag aan die skool se jaarlikse gholfdag by die Polokwane Gholfklub deelgeneem. Die Betterball Stablefordkompetisie is deur Johnny O’Reilly en Pierre van Biljon met 48 punte gewen. Kort op hulle hakke het die spanne van Anton van Vuuren en Ernst Favier, Ben Olivier en Stefan van …
Leerkragte, ouers en ondersteuners van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het Vrydag aan die skool se jaarlikse gholfdag by die Polokwane Gholfklub deelgeneem.
Die Betterball Stablefordkompetisie is deur Johnny O’Reilly en Pierre van Biljon met 48 punte gewen.
Kort op hulle hakke het die spanne van Anton van Vuuren en Ernst Favier, Ben Olivier en Stefan van der Merwe, asook Keith Badenhorst en Riaan Koekemoer, elk met 47 punte gevolg.
Nelson Marais, Jaco Linde, Thabo Shingane en Neil Brandt was onderskeidelik naaste aan die pen op die vierde, agtste, 11de en 16de putjies.
Die beste Oosskool-onderwyserspan was Johan Becker en Gerhard Ehlers.
Ben Stears, organiseerder van die dag, sê dat 92 spelers in 23 vierballe deelgeneem het en dat die toernooi ‘n reuse sukses met pryse ter waarde van R22 00 op die spel was.
“Ons is baie dankbaar teenoor elkeen van die groot groep borge wat tot die sukses van die gholfdag bygedra het. Sonder hulle insette sou die dag nie moontlik gewees het nie. Die geld wat ingesamel is, gaan as deel van die graad 7-leiersprojek aangewend word vir projekte wat later geïdentifiseer sal word,” sê Stears.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com







