Skerm vir ‘n goeie doel
Limpopo Skermkuns bied die naweek nie net vir die eerste keer die Nasionale Skermkampioenskappe aan nie, maar doen ook hul deel om vir minderbevoorregtes kos in te samel. Deelnemers aan die kampioenskappe is gevra om niebederfbare- en blikkieskos saam te bring wat aan behoeftige mense geskenk sal word. Ongeveer 80 skermkunsatlete van regoor die land …
Limpopo Skermkuns bied die naweek nie net vir die eerste keer die Nasionale Skermkampioenskappe aan nie, maar doen ook hul deel om vir minderbevoorregtes kos in te samel.
Deelnemers aan die kampioenskappe is gevra om niebederfbare- en blikkieskos saam te bring wat aan behoeftige mense geskenk sal word.
Ongeveer 80 skermkunsatlete van regoor die land word verwag om teen mekaar kragte te meet. “Die kampioenskappe word Saterdag en Sondag by die Universiteit van Limpopo (UL) aangebied. Die kompetisie begin daagliks om 07:00 en sal teen 17:00 afsluit,” sê Firebirds Fencing Club-voorsitter, Wally Goosen.
Hy nooi die publiek en belangstellendes uit om die Limpopo skermers te ondersteun.
“Die kampioenskappe word in die saal op linkerkant sodra jy by UL se hoofhek inry, by die Anglo Platinum Multi Purpose Centre gehou. Plaaslike skermers wat in aksie te sien sal wees is onder andere, Moné McCabe, Charl Venter, Jana van der Walt en Leon de Villiers,” sê Goosen wat self ook aan die kampioenskappe sal deelneem.
Verder sal van Polokwane se beste beste skermers soos JC, Damian en Shannon Pinn, Jeandré Nel, Cailyn Duncan, en Michell Butler deelneem. Topskermers van die Eresabel Skermklub in Mokopane sal ook hul slag met die swaard wys.
“Vyf Protea-skermers van Limpopo sal hierdie naweek in aksie gesien word,” sê Goosen.
Verversings sal te koop aangebied word.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



