Sport

Blou Bulle vat Leeus in Polokwane aan

Vir die vyfde keer sal Polokwane rugbyliefhebbers van regoor die provinsie bymekaar bring wanneer die Vodacom Blou Bulle in Februarie teen die huidige Vodacom Super Rugbyreeks-wenners, die Emi­rates Leeus op die nuwe Peter Mokaba Stadion kragte meet. Die datum vir die wedstryd op 13 Februarie is verlede Woensdag tydens ‘n perskonferensie saam met die Polokwane …

Vir die vyfde keer sal Polokwane rugbyliefhebbers van regoor die provinsie bymekaar bring wanneer die Vodacom Blou Bulle in Februarie teen die huidige Vodacom Super Rugbyreeks-wenners, die Emi­rates Leeus op die nuwe Peter Mokaba Stadion kragte meet.
Die datum vir die wedstryd op 13 Februarie is verlede Woensdag tydens ‘n perskonferensie saam met die Polokwane Munisipaliteit en Blou Bulle Maatskappy bekendgemaak. Volgende jaar sal die vyfde jaar wees dat Polokwane die wedstryd aanbied.
Polokwane se uitvoerende burgemeester, Thembi Nkadimeng sê sport en veral rugby bring mense van alle rasse saam en verminder sosiale tekortkominge in die samelewing.
“Nie net is die kragmeting een van die hoogtepunte op die jaarlikse kalender nie, maar dra dit ook tot die burgemeester se beursfonds by om minderbevoorregte studente in tersiêre instellings te ondersteun. Ek hoop dat die verhouding met die Blou Bulle nog lank sal voortduur. Die munisipaliteit bedank die Blou Bulle vir die inisiatief,” sê Nkadimeng.
Blou Bulle se uitvoerende hoof, Barend van Graan sê die wedstryd in Polokwane het een van die Blou Bulle se hoogtepunte op die kalender geword omdat spelers altyd hartlik verwelkom word.
“Dit is ‘n voorreg om in Polokwane te kan speel en ‘n eer om tot die beursfonds te kan bydra,” sê Van Graan.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket sowel as die Peter Mokaba Stadion. Kaartjies kos R100 vir die hoofpawiljoen, R80 vir die Oos-pawiljoen en R60 vir die pawiljoen agter die pale. Leerders betaal slegs R30 en parkeerkaartjies is teen R20 beskikbaar.
Losies is teen R15 000, BTW uitgesluit, beskikbaar en sluit 22 losiekaartjies, 10 parkeerkaartjies en voorsiening van losie, meubels en sekuriteit in. Bemarkingsmateriaal mag slegs in die losie uitgestal word en eie verversings en drinkgoed moet voorsien word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button