Zandri pronk met haar dansers
Zandri’s Dance Studio het onlangs hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehou, waartydens die dansers sertifikate vir hulle prestasies deur die jaar ontvang het en terselfdertyd die danspassies wat hulle vanjaar geleer het, gewys het. Zandri’s Dance Studio het in 2012 die lig gesien en die ateljee konsentreer op moderne danse vir kinders van drie tot 18 jaar. …
Zandri’s Dance Studio het onlangs hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehou, waartydens die dansers sertifikate vir hulle prestasies deur die jaar ontvang het en terselfdertyd die danspassies wat hulle vanjaar geleer het, gewys het. Zandri’s Dance Studio het in 2012 die lig gesien en die ateljee konsentreer op moderne danse vir kinders van drie tot 18 jaar. Eienaar en instrukteur, Zandri Varela vertel dat sy ‘n gekwalifiseerde dansonderwyser is en aan die Assosiasie vir Internasionale Dansinstrukteurs behoort.
Dit is vir Varela belangrik dat haar dansers moderne dans geniet en om te fokus op die fynere tegniese punte van dans, veral wanneer dit kom by die eksamens wat hulle elke jaar dans. Sy is baie trots om te sê dat haar studente elke jaar baie goeie punte behaal.
Sy is ook beïndruk met haar leerders se prestasies by die Bosveld Dans Kunsfees vanjaar. Van haar seniordansers tot haar jongste dansers van net drie jaar oud het solo’s gedans en uitnemende punte behaal.
Dansers van Zandri’s Dance
Studio het as volg presteer:
Christany Varela het ‘n trofee vir die danser met die beste verhoogspersoonlikheid by die Bosveld Dans Kunsfees ontvang, Madeleine en Lily Kriel het die Bosveld Dans Kunsfees-trofee vir beste moderne dans bo 14 jaar ontvang, Zoalise Keyter het ’n trofee ontvang vir die beste seniordanser van 2015 by Zandri’s Dance Studio, Abigail van Niekerk het die trofee ontvang vir die beste juniordanser van 2015 by Zandri’s Dance Studio en Zante Oosthuizen het die trofee ontvang vir die mees belowende danser van 2015 by Zandri’s Dance Studio.
Zoalise Keyter, Kayla Venter, Nikhita Mahne, Caromin Mahne, Zante Oosthuisen, Abigial van Niekerk, Erin de Beer, Marlioné Botha, Sune Booysen, Desmarie Venter, Hencha Venter, Caslien Strydom, Chantel Mphahlele, Lily Kriel, Christany Varela, Diane le Roux, Mikayla das Reis en Kayle van Tonder het sertifikate ontvang vir hulle eksamens wat hulle vanjaar suksesvol voltooi het.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com






