Sport

Zanis se topgimnaste word vereer

Zanis Gymnastics Academy het onlangs hul top ritmiese gimnaste vir hul prestasies gedurende die jaar vereer. Lepsy Chuene het die Petra Esterhuizen-trofee vir die beste Limpopo gimnas op vlak 1 in die ouderdomsgroep o.7 ontvang, terwyl Jeanine van Staden as beste interprovinsiale gimnas op vlak 1 in die ouderdomsgroep o.8 en -9 aangewys is. Pothego …

Zanis Gymnastics Academy het onlangs hul top ritmiese gimnaste vir hul prestasies gedurende die jaar vereer.
Lepsy Chuene het die Petra Esterhuizen-trofee vir die beste Limpopo gimnas op vlak 1 in die ouderdomsgroep o.7 ontvang, terwyl Jeanine van Staden as beste interprovinsiale gimnas op vlak 1 in die ouderdomsgroep o.8 en -9 aangewys is.
Pothego Matsebe het die trofee vir beste interprovinsiale gimnas op vlak 1 in die ouderdomsgroep o.10 en -11 gewen.
Mikaila Jacobs en Ofilwe Hlabyago deel die titel as beste interprovinsiale gimnas op vlak 2 in die ouderdomsgroep o.8, terwyl Caitlin Smith as beste interprovinsiale gimnas op vlak 2 in die ouderdomsgroep ouer as 11 aangewys is.
Melchizedek Maponya het die trofee gewen vir beste interprovinsiale gimnas op vlak 3 in die ouderdomsgroep o.8, en Rotondwa Maudu en Niana Coetzee het met die trofeë vir beste interprovinsiale gimnaste op vlak 3 in die ouderomsgroepe o.9 en o.11 weggestap.
Leandie Kriel is as die beste ritmiese Limpopo-gimnas op vlak 6 aangewys en het die Hanny van Oostenrijk-trofee ontvang.
Monene Kelly is as die beste gimnas van die Gym Games aangewys in die kategorie vlak 4 tot 6. Sy ontvang die Elrize Eramus-trofee vir haar prestasies.
Cleo-Anne Manamela is as die ritmiese gimnas wat die meeste vordering deur die jaar getoon het, aangewys.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button