Sport

Bulle en Curriebeker- wenners bots in Polokwane

Kaartjies vir die Vodacom Super Rugby-opwarmingswedstryd tussen die Vodacom Bou Bulle en Emirates Leeus wat op 13 Februarie by die Peter Mokaba Stadion plaasvind, is reeds beskikbaar. Limpopo Blou Bulle-kantoorbestuurder, Charles van Wyk sê hy is nog nie seker oor die aantal kaartjies wat al verkoop is nie omdat die kantoor eers Maandag na die …

Kaartjies vir die Vodacom Super Rugby-opwarmingswedstryd tussen die Vodacom Bou Bulle en Emirates Leeus wat op 13 Februarie by die Peter Mokaba Stadion plaasvind, is reeds beskikbaar.
Limpopo Blou Bulle-kantoorbestuurder, Charles van Wyk sê hy is nog nie seker oor die aantal kaartjies wat al verkoop is nie omdat die kantoor eers Maandag na die Desembervakansie geopen het.
Hy sê die geleentheid word jaarliks goed ondersteun en hy vertrou dat vanjaar se wedstryd weer ‘n groot skare sal trek.
Kaartjies is by Computicket sowel as die Peter Mokaba Stadion beskikbaar. ‘n Sitplek op die hoofpawiljoen kos R100 en rugbyliefhebbers sal R80 vir ‘n plek op die oospawiljoen moet opdok. Kaartjies agter die pale kos R60. Leerders betaal slegs R30 en parkeerkaartjies is teen R20 beskikbaar.
Losies is teen R15 000, BTW uitgesluit, beskikbaar en sluit 22 losieskaartjies, tien parkeerkaartjies, die meubels in die losie en sekuriteit in. Bemarkingsmateriaal mag slegs binne die losie uitgestal word en eie verver-sings en drinkgoed moet voorsien word.
Die wedstryd het die potensiaal om aan-skoulike rugby op te lewer aangesien die Leeus die huidige Curriebeker-kampioene is.
Polokwane se uitvoerende burgemeester, Thembi Nkadimeng sê die wedstryd is nie net een van die hoogtepunte op die stad se kalender is nie, maar lewer ook ‘n groot bydrae tot die burgemeester se beursfonds. Die fonds word aangewend om minderbe-voorregte studente met tersiêre onderrig te ondersteun.
Vir meer inligting oor die wedstryd of kaartjies, kan die Limpopo Blou Bulle by 015 291 4752 of Van Wyk by 082 738 6688 geskakel word.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button