Pietersburg Rugbyklub oefen reeds voluit
Die spelers en bestuur van Pietersburg Dorp Rugbyklub is vanjaar vasbeslote om naam te maak en oefening vir ‘n harde jaar wat voorlê het reeds begin. Die klub nooi belangstellendes om oefensessies elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 by die klub tussen die ou en nuwe Peter Mokaba Stadion by te woon. Dorp se nuwe …
Die spelers en bestuur van Pietersburg Dorp Rugbyklub is vanjaar vasbeslote om naam te maak en oefening vir ‘n harde jaar wat voorlê het reeds begin.
Die klub nooi belangstellendes om oefensessies elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 by die klub tussen die ou en nuwe Peter Mokaba Stadion by te woon.
Dorp se nuwe afrigter, Thomas Joubert, wil die klub tot groot hoogtes lei.
“Ek sal definitief nuwe standaarde stel, maar my doel is om oefening vir spelers aangenaam te maak om te verseker dat hulle terugkom.
“Die topspanne in die wêreld funksioneer binne die strukture van die afrigter, maar spelers word steeds toegelaat om hulle eie strategieë te volg en dit meer te geniet om rugby te speel,” sê Joubert.
Joubert, self ‘n gesoute rugbyspeler, het onlangs sy stewels opgehang en die afrigtersfluitjie opgeneem.
Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Joubert by 072 534 0236 skakel of ‘n e-pos aan tjoubert700@gmail.com stuur. Pierre Venter kan ook vir meer inligting by 078 225 1709 geskakel word.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



