Sport

Olie ratte vir Makhulu 5 MTB Challenge

Bergfietsentoesiaste kan al vere begin regskud vir die jaarlikse Mall of the North Makhulu 5 Mountain Bike Challenge. Die gewilde wedren bied jaarliks aan bergfietsryers ‘n avontuur van ‘n leeftyd omdat die roete uit teer- en grondpad, modder, sand en selfs smal bospaadjies bestaan en vind vanjaar vir die tweede keer by Mall of the …

Bergfietsentoesiaste kan al vere begin regskud vir die jaarlikse Mall of the North Makhulu 5 Mountain Bike Challenge.
Die gewilde wedren bied jaarliks aan bergfietsryers ‘n avontuur van ‘n leeftyd omdat die roete uit teer- en grondpad, modder, sand en selfs smal bospaadjies bestaan en vind vanjaar vir die tweede keer by Mall of the North plaas met Polokwane Pedallers Cycling Club (PPCC) as organiseerder.
Ryers wat die topdrie posisies in die 64-, 37- en 15 km-wedren beklee, kry pryse. Die kinderresies (drie tot sewe jaar) begin om 11:00 en inskrywings is gratis.
Die 64 km-wedren begin om 07:30 en die 37 km om 07:45 gevolg deur die pretrit om 08:00. Inskrywingsgeld vir die wedrenne beloop onderskeidelik R220, R180 en R60.
Aanlyninskrywings sluit op 13 Februarie terwyl laatinskrywings die Vrydag voor die wedren van 17:30 tot 19:00 en Saterdag van 06:00 tot 07:00 by Mall of the North se restaurante-ingang gedoen kan word.
Die dra van ‘n valhelm is verpligtend.
Aanlyninskrywings kan by www.mallofthenorth.co.za gedoen word en die eerste 200 fietsryers wat inskryf ontvang geskenksakke.
Ronel Delport kan by 084 515 7739 vir enige navrae geskakel word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Belangstellendes kan reeds begin inskryf vir die Mall of the North Makhulu 5 Mountain Bike Challenge. (foto verskaf)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button