Janus Robberts byeenkoms lok room van oes
Die tweede Janus Robberts Atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydagmiddag en -aand by Hoërskool Pietersburg plaasgevind het, is deur atlete van die hoërskole Pietersburg, Ben Viljoen, Ellisras, Hans Strijdom, Ben Vorster, Frans du Toit en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé bygewoon. Goeie gees het tussen die atlete geheers wat wyd ondersteun is deur honderde toeskouers. In die …

Die tweede Janus Robberts Atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydagmiddag en -aand by Hoërskool Pietersburg plaasgevind het, is deur atlete van die hoërskole Pietersburg, Ben Viljoen, Ellisras, Hans Strijdom, Ben Vorster, Frans du Toit en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé bygewoon.
Goeie gees het tussen die atlete geheers wat wyd ondersteun is deur honderde toeskouers.
In die baanitems het atlete aan ‘n 4×100 m aflos, naellope oor 100 m en 200 m asook langer afstande van 400 m, 800 m, 1 500 m en 3 000 m deelgeneem. Hul het ook sake in die 100 m, 110 m, 300 m en 400 m hekkie-items uitgespook.
Die velditems wat aangebied is, was hoogspring, verspring, driesprong, gewigstoot, diskusgooi en spiesgooi. Uitslae was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.
Storie en foto’s: Barry Viljoen
>>barryv.observer@gmail.com























