Sport
Eerste opedag, 22 spanne laat skeie klap
Pietersburg Jukskeiklub se jaarlikse opedag is Saterdag deur gesonde sportmangees gekenmerk met 22 spanne wat informeel deelgeneem het. Sommige spelers het die geleentheid ter voorbereiding van die kompeterende seisoen wat voorlê gebruik. Die tema vir die dag was ‘Crazy Hats’ en die Pirates van Pietersburg Jukskeiklub se hooftooisels is as beste aangewys. In die A-afdeling …

Pietersburg Jukskeiklub se jaarlikse opedag is Saterdag deur gesonde sportmangees gekenmerk met 22 spanne wat informeel deelgeneem het.
Sommige spelers het die geleentheid ter voorbereiding van die kompeterende seisoen wat voorlê gebruik.
Die tema vir die dag was ‘Crazy Hats’ en die Pirates van Pietersburg Jukskeiklub se hooftooisels is as beste aangewys.
In die A-afdeling was Nylstroom Jukskeiklub onoorwonne terwyl die Pirates in die B-afdeling skoonskip gemaak het. Die C1- en C2-afdling is deur Dendron Jukskeiklub se o.16- en o.13-
seunspanne onderskeidelik gewen.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



