Sport
Muurbalklub hou jaarlikse dubbelstoernooi
Polokwane Muurbalklub het Saterdag hul jaarlikse dubbelstoernooi aangebied met spelers van so ver as Louis Trichardt, Modimolle, Mokopane en Tzaneen wat deelgeneem het. Spelers het dit in mans- en gemengde pare uitgespook en Polokwane Muurbalklub het die oorhand oor die res van die spanne gekry met Pieter Grobler en Wimpie Jansen van Rensburg wat eerste …

Polokwane Muurbalklub het Saterdag hul jaarlikse dubbelstoernooi aangebied met spelers van so ver as Louis Trichardt, Modimolle, Mokopane en Tzaneen wat deelgeneem het.
Spelers het dit in mans- en gemengde pare uitgespook en Polokwane Muurbalklub het die oorhand oor die res van die spanne gekry met Pieter Grobler en Wimpie Jansen van Rensburg wat eerste geëindig het gevolg deur Charl van der Merwe en Pieter Veldman as naaswenners.
Johan Bouwer van Polokwane Muurbalklub sê hulle poog om die klub weer op dreef te kry en nooi belangstellendes om vir Robby Vilar by 082 883 2255 te skakel.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



